Wednesday 1 October 2014

Saam met vryheid kom verantwoordelikheid - deur Anton Brink

Ons lewe in 'n tyd waar mense meer voorregte, regte en vryhede het as ooit vantevore en ek hoor ook omtrent elke dag advertensies waar mense aangemoedig word om op daardie voorregte, regte en vryhede aan te dring máár daardie selfde advertensies sê ook dat elkeen van ons moet onthou dat daarmee saam kom ook baie groot verantwoordelikheid.



Die wêreld se persepsie van vryheid verskil nou wel baie van myne en joune as gelowiges maar ons het ook 'n baie groot verantwoordelikheid as dit by daardie vryhede en voorregte in Christus kom.

Eintlik, as jy mooi daaroor dink het ons veel meer voorregte en vryhede om voor dankbaar te wees as die ongeredde mense van hierdie wêreld en boonop is die vryhede en menseregte wat hierdie wêreld dalk kan bied niks in vergelyking met dit wat ons in Christus het nie. Hy noem ons Sy kinders, Sy erfgename die ongeredde mense van hierdie wêreld het dit nie en hulle sal dit ook nooit hê tensy hulle die Here Jesus nie as verlosser aanvaar nie.

Dink 'n bietjie aan wat staan geskryf in Romeine 8 vanaf vers 31 – 35: “Wat is ons gevolgtrekking oor alles wat ons tot nou toe gesê het? Dít: God is aan ons kant. Wie sou dit dan nog waag om teen ons te wees? God gee so baie vir ons om dat Hy nie eens Sy eie Seun se lewe gespaar het nie. God het Hom in ons plek laat doodgaan. As Hy bereid was om so vêr vir ons te gaan, sal Hy mos enigiets vir ons doen. Wie kan dit nou nog waag om 'n aanklag teen ons in te bring? Niemand nie! Ons is immers deur God self as sy kinders uitgekies. Boonop het Hy ons van al ons sondes vrygespreek. Wie kan dit nou nog waag om ons te veroordeel? Christus Jesus is mos aan ons kant. Hy is in ons plek dood. God het Hom ook weer lewendig gemaak. Christus het nou die heel belangrikste posisie in die hemel. Daarom kan Hy nou ons saak by God suksesvol verdedig. Wat kan ons nou nog skei van Christus se liefde vir ons? Swaarkry, probleme, vervolging, hongerpyne, 'n tekort aan klere, gevare, of dalk geweld? Nie een van hierdie dinge nie! Nie eens die grootste probleme waarvan daar in die Bybel gepraat word, kan ons ooit van Christus skei nie.”

Onthou wat Christus vir my en jou aan die Kruis kom doen het, Hy het ons vrygekoop en vergewe sodat ons in alle ewigheid nooit verlore sal gaan nie. Die Here Jesus het namens my en jou aan die Kruishout gehang, dit was éintlik veronderstel om ek en jy te gewees het op wie daardie straf moes val maar dit het nie omdat Hy ons plek daar ingeneem het en die prys betaal het namens ons juis sodat ons nie hoef nie.

Ek glo nie ons (gelowiges) besef, waardeer en verstaan altyd so lekker die vryheid en voorregte wat ons in en a.g.v. Christus het nie maar meer nog, ek glo ook nie dat ons begryp altyd so lekker watter verantwoordelikheid daarmee saamkom nie.

Ons kan nie maar net doen wat ons wil nie.

God verklaar in Sy woord en deur die Kruis van Jesus Christus dat ons wel vry en vergewe is. Sy genade ís verniet maar dit is beslis nie goedkoop nie. Ongelukkig is dit presies wat al hoe meer gebeur, mense gaan baie ligtelik met die Evangelie om amper asof die keuse om die Here Jesus as verlosser te aanvaar maar net een of ander formaliteit is sodat ons kan hemel toe gaan en dan daarna kan ons maar aan karring en maak soos ons wil.

Dit is nié hoe dit veronderstel is om te wees nie.

God se genade ís daar vir ons in oorvloed, jy hoef nooit daarin te twyfel nie en dit is ook verseker daar om te gebruik elke liewe keer wanneer ons struikel, máár dit is nié daar om te misbruik nie, Sy genade en die feit dat Hy ons graag vergewe is onder geen omstandighede vir jou en my 'n vrypas om te sondig nie. Saam met ons vryheid kom verantwoordelikheid, die verantwoordelikheid om ten minste te probeer om die regte ding te doen al kry ons dit nie altyd reg nie.

Kom ons bid. Vader ek is oneindig dankbaar vir die Kruis van Jesus Christus en vir die feit dat ek waarlik vergifnis en vryspraak daar ontvang. Herinner my egter daagliks Vader om vrylik van U genade te skep maar dat ek dit nooit maar nooit sal misbruik nie. Ek weet dat U genade is verniet maar ook dat dit is nie goedkoop nie, help my om dit as iets kosbaar te koester. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.


3 comments:

  1. Hallo is mev, Merit Hope, 'n man wat uitleen wettige en betroubare lening lenings
    in 'n terme en voorwaardes duidelik en verstaanbaar teen 2% rentekoers. van
    USD $ 12,000 tot $ 8.000.000, net euro en pond. Ek gee besigheid lenings,
    Persoonlike lenings, studentelenings, motor lenings en lenings om die rekeninge te betaal. as jy
    nodig om 'n lening wat jy hoef te doen, is vir jou om my direk te kontak
    In: (merithope6@gmail.com)
    God seën jou.
    Die uwe,
    Mev: meriete Hoop
    E-pos: (merithope6@gmail.com)

    Let wel: Alle antwoord moet gestuur word aan: (merithope6@gmail.com)

    ReplyDelete
  2. Ek is Абрам Александр, 'n sakeman wat in staat was om sy sterwende slap besigheid te laat herleef deur die hulp van 'n God gestuurde geldskieter, bekend as Benjamin Lee, die leningskonsultant. Ek woon in Jekaterinburg Екатеринбург. Probeer u om 'n besigheid te begin, u skuld te vereffen, u bestaande uit te brei, geld benodig om voorrade aan te koop. Het u probleme gehad om 'n goeie kredietfasiliteit te bekom, wil ek hê dat u moet weet dat mnr. Benjamin u sal sien. Is die regte plek vir u om al u finansiële probleme op te los, want ek is 'n lewende getuienis, en ek kan dit nie net by myself hou as ander op soek is na 'n manier om finansieel opgehef te word nie. gebruik die besonderhede soos aangedui in 'n ander om deel te neem aan hierdie wonderlike geleentheid. E-pos: Lfdsloans@outlook.com Of WhatsApp / Text + 1-989-394-3740.

    ReplyDelete
  3. Ek benodig 'n dringende Whatsapp-lening vir Jurgen Stefan https://wa.me/+919654763221


    Het jy 'n dringende lening nodig om jou skuld te delg of 'n aandelelening om jou besigheid te verbeter? Is jy deur banke en ander finansiële agentskappe verwerp? Het jy 'n leningskonsolidasie of 'n verband nodig? Moenie verder soek nie, want ons is hier om al jou finansiële probleme agter ons te sit. Kontak ons per e-pos: jurgenstefanfinancialservice@gmail.com jurgenstefanfinancialservice@outlook.com Whatsapp:+919654763221 Dit is Jurgen Stefan Financial Service. Ons bied lenings aan belangstellendes teen 'n redelike rentekoers van 3%. Die reeks is vanaf € 5,000,00. tot €100 000 000,00.

    ReplyDelete