Friday 31 October 2014

Wegkruipertjie - deur Anton Brink


Toe ons kinders was, was een van dié lekkerste dinge om te doen sekerlik om saam met ons maats wegkruipertjie te speel.
 


 
 
 
 
 
 
 
 
Die beste was natuurlik om dié een te wees wat gesoek moes word. Jy hardloop weg en kry ’n lekker skuilplek, terwyl jou maat tot by vyftig of honderd moet tel en wanneer hy jou begin soek is dit mos met die duidelike aankondiging van, “Hier kom ek!”

Dit was lekker tye daardie máár om weg te kruip was natuurlik nie altyd nét beperk tot die speletjie nie, want wanneer ons stout was en ’n bietjie kattekwaad aangevang het en Pa of Ma het daarvan uitgevind, was die eerste ding om te doen om so gou as moontlik jouself uit die voete te maak en te gaan wegkruip.

Sou jy dan wel deur Pa of Ma uit jou skuilplek verlos word, was die volgende ding om te doen om vinnig te dink aan ’n verskoning, of ’n rede vir jou wangedrag of beter nog, as jy nie alleen was in jou manewales nie het jy ’n manier gekry om jou boetie, sussie of maatjie vir dié wandaad te blameer.

Ai ai, die goeie ou dae van ons kinderlewe.

Tog het nie veel verander oor die jare nie en as volwassenes speel ons nou nog soms wegkruipertjie, net op ’n ander manier.

Ons lees ’n goeie voorbeeld hiervan in Genesis 3: 8 – 9 waar daar geskryf staan: “Teen sononder se kant was die Here God in die tuin. Toe hulle Hom hoor, het hulle bang geword en tussen die bome vir Hom gaan wegkruip. die Here God moes toe na die mens roep en sê: “Waar is jy?”

Toe Adam en Eva besef dat hulle verkeerd gedoen het, was hulle eerste reaksie om hulle self uit die voete te maak en hulle self iewers te gaan wegsteek.

Dit is interessant om op te let dat toe dit alles gebeur was dit op die ou einde nie Adam en Eva wat na God begin soek het nie, máár dit was eerder God wat na húlle gaan soek het.

Onthou dat die plek waar Adam en Eva weggekruip het, nie verbloem was vir God nie. Dit is nie asof Hy nie presiés geweet het wat aangaan, wat hulle gedoen het en waar hulle was nie.

Inteendeel, Hy het hét geweet maar Hy wou hê dat Adam en Eva uit hulle eie uit na Hom toe mos kom, Hy wou hulle nie forseer nie, om iemand te forseer impliseer dwang en God soek nie slawe nie, Hy soek kinders.

Sonde bring nie skeiding nie.

Daar is baie mense wat graag vir jou sal vertel dat wanneer jy sonde doen bring dit skeiding tussen jou en God. Ek glo egter nie dat hierdie stelling 100 % akkuraat is nie. Verstaan egter wat ek sê, solank as wat ek leef sal ek sonde nooit goedpraat of as ligtelik afmaak nie. Wat verkeerd is, is verkeerd en wanneer God sê dat Hy haat sonde glo ek dat Hy is ernstig daaroor. Ons kan dus nie doelbewus sonde doen en dink dat alles is maar net in die haak nie.

Sonde het baie beslis ’n vernietigende uitwerking op ons en ook op ons verhouding met die Here, maar kom ek neem jou terug na die tuin van Eden net nadat Adam en Eva gaan wegkruip het. Kan jy onthou wat daar gebeur het?

God het na Adam en Evan gaan soek.

God het teen skemeraand na Sy kinders in die tuin gaan soek. Hy het na hulle verlang en wou hulle naby Hom hê. Enige “skeiding” wat daar dus tussen hulle en God was, was omdat húlle dit gekies het/skaam was en nié omdat God dit so wou hê nie.

Dit is tog jammer dat ons selfs nou nog dieselfde doen as wat Adam en Eva destyds gedoen het. Ons hardloop weg van die Here wanneer ons sonde gedoen het en probeer Hom vermy terwyl Hy eintlik heeltyd na ons loop en roep en vra, “Waar is jy?”

In Romeine 8: 31 – 33 en ook vers 35 staan daar geskryf: Wat is ons gevolgtrekking oor alles, wat ons tot nou toe gesê het? Dít: God is aan ons kant. Wie sou dit dan nog waag om teen ons te wees? God gee so baie vir ons omdat Hy nie eens sy eie Seun se lewe gespaar het nie. God het Hom in ons plek laat doodgaan. As Hy bereid was om so vêr vir ons te gaan, sal Hy mos enigiets vir ons doen dit. Wie kan dit nou nog waag om ’n aanklag teen ons in te bring? Niemand nie! Ons is immers deur God self as Sy kinders uitgekies. Boonop het Hy ons van al ons sondes vrygespreek. (Vers 35) Wat kan ons nog skei van Christus se liefde vir ons?

Is jy miskien besig om weg te kruip van God omdat jy sonde gedoen het of dalk besig is om sonde te doen. Onthou, God roep na jou en vra, “Waar is jy?” Hy wil nie hê daar moet afstand tussen jou en Hom wees nie en Hy wil jou ook nie seermaak of vernietig nie maar eerder vergewe, help en restoureer.

Kom vandag daar van agter jou skuilplek af uit en stap die Here en Sy genade vir jou tegemoet en vertel vir Hom wat aangaan sodat Hy jou kan help.

Kom ons bid. Here ek kruip nou al lank weg vir U omdat ek skaam en bang is. Ek is jammer dat ek sonde gedoen het en ek vra dat U my asb. daarvoor sal vergewe asb. Herstel my asb. Vader, restoureer my om weer in ’n verhouding met U te staan. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.
 
 

Thursday 30 October 2014

Veilig by die Here - deur Anton Brink


Ons het maar almal ons deel van bekommernisse in hierdie wêreld, selfs die gelowiges is nie daarvan gevrywaar nie.
 


 
 
 
 
 
 
 
 
Die probleem is net dat ons kyk al te graag na situasies met ons fisiese oë in plaas van om daarna te kyk met ons geestelike oë. Dit is wanneer ons met ons fisiese oë kyk en liefs dáárop staatmaak dat ons broeke begin bewe en ons sommer al die stryd verloor het nog voor dit begin het.

Daar is by herhaling skrifgedeeltes in die Woord wat vir ons belowe dat God ons altyd sal beskerm en behalwe dié skrifgedeeltes oor beskerming is daar ook dosyne voorbeelde van Gods manne én vroue wat ons kan gaan lees om te sien hoe God altyd vir hulle deurgekom en hulle bewaar het.

Kyk maar bv. na Dawid toe hy die reus Goliat moes verslaan en ook die profeet Elia toe die koningin hom wou laat doodmaak omdat hy die Baal profete om die lewe laat bring het, om maar net ’n paar te noem. Albei hierdie is voorbeelde van amper onmoontlike situasies waar dit gelyk het asof ’n goddelose oormag die oorhand oor gelowige mense gaan kry net om hulle dan in ’n lewende en Almagtige God vas te loop.

Niks is anders as toe nie.

Ons moenie vergeet dat net omdat die Bybel baie lank gelede al geskryf is, beteken dit nie dat God nou om een of ander rede intussen van plan verander het of besluit het om anders teenoor ons op te tree nie. Dit is nog presies en identies dieselfde God van wie ons in die Bybel lees wat vandag nog bereid is om ons elkeen veilig te hou, selfs reg in die middel van jou grootste krisis.

In Psalm 91: 13 – 16 staan daar geskryf: “Van een ding kan jy baie seker wees: as jy op die Here vertrou en elke dag op Sy hulp staatmaak, sal nie eens die grootste gevare in die lewe jou ooit onderkry nie. Met die Here se hulp sal jy elke moeilikheid wat jou oorkom te bowe kom. Jy sal bo dit alles uittroon. Die Here se self: “Iemand wat My lief het, sal Ek uit enige gevaar bevry. Ek sal hom beskerm omdat hy My vertrou. Wanneer hy My om hulp vra, sal Ek hom help, Ek sal hom in enige krisis bystaan. In sy nood sal Ek hom help. So sal Ek eer aan Hom bewys. Ek sal sy lewe vol maak met goeie dinge. Hy sal gelukkig wees, want hy weet dat Ek graag help.”

Besef dat die Here presies dít doen wat daar geskryf staan, Hy help graag en jý is nie die uitsondering op die reël nie.

Skuil vandag so ’n bietjie in Sy arms en vra Hom om jou veilig te hou en uit ou nood te red.

Kom ons bid. Here ek staar elke dag baie probleme en uitdagings in die gesig en partykeer voel dit vir my asof dit my gaan verswelg. Help my asb. om vandag my rus in U arms te vind en te weet dat U my daar sal bewaar en beskerm teen die aanslae van die vyand wat my wil verwoes en besteel. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.
 
 
 

Wednesday 29 October 2014

Drie jaar of 90 000 km - deur Anton Brink

Deesdae, as jy bevoorreg is en kan bekostig om darem ’n redelik ordentlike ryding te koop, sal jy sien dat hulle kom gewoonlik met een of ander diensplan uit en afhangende van hoe baie jy kan of bereid is om te betaal hoe beter is daardie diensplan.



Wanneer die tyd dan kom op tien of vyftien duisend kilometer maak jy net ’n afspraak en gaan laai die voertuig by die werkswinkel af, hulle diens hom vir jou en later die middag gaan laai jy dit weer op sonder om daarvoor te betaal omdat daardie diensvoordeel mos by die koopprys ingesluit is.

Meeste dinge in die lewe móét maar op een of ander stadium in stand gehou word anders breek dit of werk dit dalk later nie meer 100 % soos die vervaardiger dit ontwerp en gebou het om te wees nie.

Ek en jy het ook elke nou en dan ’n goeie diens nodig en die prys vir daardie voorreg om in God se teenwoordigheid in te gaan en deur die Heilige Gees gerestoureer en vernuwe te word is reeds tydens die kooptransaksie van my en jou siel op die Kruis betaal.

God verwag nie van jou en my om elke dag tot in lengte van dae maar net op ons eie reg te kom en dan boonop altyd optimaal te funksioneer asof daar net geen einde aan ons geestelike stamina en energie is nie. Elke mens moet homself tyd gun om rustig te raak en as’t ware deur God se Heilige Gees “gediens” word.

Soos dit Sy gewoonte was.

Jesus het gereeld tyd by die Vader spandeer. Ons lees in Lukas 22: 39 – 42 die volgende: “Toe die ete klaar was, het Jesus opgestaan en (oudergewoonte) weer na die Olyfberg toe gestap. So ook Sy dissipels. Daar aangekom, sê Hy vir hulle: “Julle moet ernstig bid dat julle nie in die versoeking beland en teen God sondig nie.” Jesus het toe ’n ent van hulle af weggestap, omtrent so vêr as wat ’n mens met ’n klip kan gooi. Daar het Hy op Sy knieë neergeval en begin bid...”

Jesus het ’n punt daarvan gemaak om gereeld te bid, hoeveel te meer moet ek en jy dit nie ook doen nie? As ons nie die moeite doen om so elke nou en dan by die Here se voete in gebed te gaan sit nie kan ons verwag dat ons later nie meer geestelik optimaal gaan funksioneer nie en dat sonde ook baie makliker ’n houvas op ons lewens sal kry.

Daardie tyd saam met God is nodig en ons moet dit nie ligtelik ag nie. Sal jy nie ook, net soos dit die Here Jesus se gewoonte was, van vandag af ’n punt daarvan maak om kwaliteit tyd saam met die Here te spandeer nie en hou op om om jou geestelike lewe op “skiet” gebedjies te laat probeer oorleef.

Kom ons bid. Here ek smag na meer van U en die enigste manier hoe ek dit gaan kry is om ordentlik tyd saam met U te spandeer. Sal U my asb. help om iewers op ’n stil plek so gereeld as moontlik met U intiem te verkeer sodat ek ook geestelik optimaal sal kan funksioneer. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.


Tuesday 28 October 2014

Een plus een is gelyk aan tweehonderd - deur Anton Brink

(1 + 1 = 200)














Die wêreld se ekonomie en God se ekonomie verskil hemelsbreed van mekaar. Wat vir die wêreld sin maak as dit bv. by geld kom is nie noodwendig wat vir God sin maak nie.

Die wêreld se ekonomie sê bv. dat jy moet vashou aan wat jy het en wanneer jy wel gee, moet dit wees omdat jy iets (wins) daaruit maak. God se ekonomie aan die ander kant sê weer dat hoe meer jy onvoorwaardelik en in gehoorsaamheid gee hoe meer sal jy ontvang en hoe ryker sal jy word.

’n Mens gee nie altyd uit jou oorvloed nie.

Kyk maar bv. na die weduwee waarvan jy lees in 1 Konings 17: 10 – 15. Wanneer jy dit lees sal jy sien dat toe sy (die weduwee) gehoor gegee het aan die versoek van die profeet Elia om vir hom water te bring en ook sommer ’n stukkie brood, het die wonderwerk gebeur.

Toe Elia vir haar brood vra het sy hartseer aan hom verduidelik dat sy nou oppad was om haar laaste olie en meel te gebruik om vir oulaas brood te bak. Elia het ten spyte daarvan stééds vir haar gesê om vir hom van daardie einste brood te bring en toe sy dit in gehoorsaamheid doen, tóé eers het haar meel en olie vermeerder en nie opgeraak totdat God weer reën gestuur het nie.

Kan jy sien dat eers toe die weduwee in (geloof) haar laaste meel en olie gee, toe eers kom God en doen vir haar ’n wonderwerk. God het nie éérs die meel en olie meer gemaak nie, sy moes (eers) in geloof gee voordat God haar met genoeg kon seën en omdat sy gehoorsaam was, het sy en haar kind toe op die ou einde genoeg gehad om vir hulle deur die hele droogte deur van brood te voorsien.

Wat sou jy gedoen het as jy vandag daardie weduwee was?

Onthou dat dit is nog presies dieselfde God wie vandag nog vir my en jou ook sorg. Dit is Hy, presies dieselfde God wat destyds na daardie weduwee omgesien het wat vandag nog na jou en my ook wil en kan omsien, baie dinge mag dalk intussen al verander het maar een ding is seker en dit is dat God het beslis nié! Hy is nog net soveel in staat om jóú meel en olie ook meer te maak soos vir daardie vrou en haar kind destyds in Sarfat.

Hou op vasklou.

Lees wat staan in Spreuke 11: 24 – 26, dit sê die volgende: “Wie baie vir ander gee, word al hoe ryker. Wie suinig is, word al hoe armer. Wie ander help om beter te lewe is self voorspoedig. Wie ander se nood raaksien, is ’n gelukkige mens. Wie nie respek vir die gemeenskap se belange het nie, word verstoot. Wie die nood van die gemeenskap raaksien, word deur almal geëer.”

Wees van nou af daardie man of vrou.

Ek praat uit ondervinding uit wanneer ek vir jou sê dat om uit jou tekort te gee is alles behalwe maklik, ek het ook al daai paadjie gestap, maar onthou jy dien en is in ’n verhouding met ’n liefdevolle, voorsienende en beskermende Vader God wat jou belowe dat hy jou nooit sal begewe of verlaat nie. Hy sal vir jou baie meer terug gee as die bietjie wat jy kan saai.

“You can never out give God”

Kom ons bid. Here God vandag kom staan ek ook voor U net soos daardie weduwee in Sarfat destyds voor Elia gedoen het en wil ek ook nou vir U sê dat my meel en olie is min. Dit is heeltemal te min om vir my en my gesin genoeg te wees vir die dae en maande wat voorlê. Ek pleit by U Vader om ook nou met my te praat en om ook nou vir my te sê wat ek in gehoorsaamheid moet doen sodat ek ook U seën en oorvloed kan ontvang. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.


Monday 27 October 2014

Hier is jou kans nou - deur Anton Brink

Die woord van God leer vir ons die volgende in Hebreërs 9:27 – 28: Net soos 'n mens maar een maal sterf en dan voor God moet gaan staan om sy oordeel aan te hoor, so het Jesus net een maal gesterf. Sy sterwe was soos 'n offer waarmee Hy gesorg het dat God al die verkeerde dinge oorsien wat baie mense gedoen het.”

Niemand gaan vir ewig op hierdie aarde lewe nie, nie een van ons verlaat hierdie plek lewendig nie, jy ook nie. Dus nooi ek jou nou om 'n keuse te maak vir die Here voordat Hebreërs 9: 27 – 28 ook vir jou 'n realiteit word en jy dalk daar voor God se regterstoel moet gaan staan met geen verweer of 'n Verlosser wat aan jou kant is nie.

God wil jou sonde óók oorsien maar die enigste manier hoe dit kan gebeur is as jy Sy seun, Jesus Christus as verlosser aanvaar en vandag het jy die kans om dit te doen.

Lees asb. die onderstaande gebed hardop saam en gee jou hart en lewe vir God deur Sy seun Jesus en Sy offer aan die Kruis te aanvaar as jou persoonlike saligmaking.

Sal jy dit asb. doen?

Indien jou antwoord ja is en jy lees die onderstaande gebed hardop saam kontak ons gebedsvriende by Tygerberg 104fm dan en sê vir hulle dat jy besluit het om Christus Jesus te aanvaar sodat hulle jou verder kan help en leiding gee.

Die nommer is: 0861 104 104.

Kom ons bid. Hemelse Vader, vandag weet ek dat ek, soos alle mense wat gebore word op hierdie aarde, oppad is hel toe. Al lewe ek hoe goed, tensy ek by ’n punt kom waar ek besef dat ek ’n Verlosser nodig het, kan ek nooit uit my eie goeie dade of lewe die Ewigheid in U teenwoordigheid deurbring nie.

Dankie dat U Jesus, vir my sondes gesterf het, begrawe is en op die derde dag weer opgestaan het en opgevaar het na die hemel waar U aan die regterhand van God sit en my Voorspraak is. Ek bely vandag dat U die Seun van God is en dat U my verlossing duur gekoop het.

Dankie Heilige Gees dat U daagliks my metgesel is en dat U my leer en lei in die waarheid. Vandag aanvaar ek Jesus Christus as my Verlosser en Saligmaker en weet ek dat ek in U alles het wat ek nodig het om die Ewige Lewe te kry, volgens Joh. 17: 3

Ek dank U dat ek nou in ’n lewende verhouding met U kan wees en dat ek in U ’n Vriend en daaglikse Trooster en metgesel het. Amen


Friday 24 October 2014

En toe het God nee gesê - deur Anton Brink

Kyk wat staan in 2 Korintiërs 12: 8 – 9 geskryf: “Nie minder nie as drie keer het ek die Here gevra om hierdie struikelblok uit my lewe weg te vat. “Laat al my swaarkry en lyding asseblief tog net ophou!” het ek Hom gesmeek. Toe sê die Here uiteindelik vir my: “My goedheid is vir jou genoeg. Dit is al wat jy nodig het. My groot krag word sigbaar in jou lewe wanneer jy swak en hulpeloos is.”

In die Amplified Bybel staan dit so geskryf: “8 Three times I called upon the Lord and besought [Him] about this and begged that it might depart from me; 9 But He said to me, My grace (My favor and loving-kindness and mercy) is enough for you [sufficient against any danger and enables you to bear the trouble manfully]; for My strength and power are made perfect (fulfilled and completed) and [a]show themselves most effective in [your] weakness. Therefore, I will all the more gladly glory in my weaknesses and infirmities, that the strength and power of Christ (the Messiah) may rest (yes, may [b]pitch a tent over and dwell) upon me!

Krag is net sigbaar waar daar swakheid is, genade is net sigbaar waar daar sonde is en lig is net sigbaar waar dit donker is.

Jy moet Hom toelaat om Sy tent oor jou op te slaan.

Ek het 'n vrou geken wat 'n verskriklike uitdaging gehad het vir baie jare. Haar man was 'n wreedaard wat haar meer as een keer in die middel van die nag uit die bed uitgeruk het terwyl sy slaap en hy storm dronk was en het haar dan met 'n geweer teen die kop gedreig het net om haar dan net so in haar nagklere daai tyd van die aand by die voordeur van hulle huis uit te gooi.

Sy is 'n diep gelowige vrou en het die Here lief met haar hele hart, sy het al dosyne mense na die Here Jesus toe gelei, ook vir my. Vir jare het sy by God gepleit om haar te verlos, het sy by Hom gepleit vir toestemming om maar van hierdie man te mág skei.

God het nee gesê.

Ek onthou dit nog goed toe sy my die dag vertel wat God se antwoord op haar smeekgebed was, sy het my stip in die oë gekyk en gesê: “Die Here sê ek moet bly, ek mag nie gaan nie.” Ek en al die ander mense wat vir haar lief was en wat so baie vir haar omgegee het was woedend en ons wóú dit nie verstaan nie. Ons het haar probeer oortuig dat sy dalk 'n fout maak maar sy wou niks weet nie en het voet by stuk gehou dat sy sal kies om aan God getrou en gehoorsaam te bly selfs al beteken dit dat sy deur hel moes gaan om dit te doen.

Dit het nog jare so aangegaan.

Haar verlossing uit hierdie omstandighede het nie gou gekom nie. Eers omtrent 15 jaar later het haar man se hart sag geword en is hy toe ook kort daarna (in vrede met haar en God) oorlede. Dit sou nie gebeur het as sy nie daar gebly het nie. Ek glo haar beloning hiervoor sal bitter baie groot wees. In daardie 15 jaar kan ek jou verseker het God Sy tent van krag en sterkte oor haar opgeslaan en het sy daagliks in Sy teenwoordigheid, beskerming en genade gewandel.

Staar jy 'n geweldige uitdaging in die gesig wat dit vir jou laat voel asof die lewe vir jou ondraaglik raak? Stort dan jou frustrasie voor God in gebed uit en hou op dink dat jy dit alleen moet hanteer.

Selfs al sou Sy antwoord vir jou ook nee wees wéét dan dat Hy Sy tent oor jou sal opslaan as jy Hom toelaat.

Kom ons bid. Vader U weet waarmee ek sukkel, my uitdaging is groot maar so ook is U genade. Slaan asb. U tent oor my op. Hou my asb. veilig en maak my sterk om dit deur te gaan tot my uitkoms kom. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.


Thursday 23 October 2014

He loves me, He loves me not - deur Anton Brink

Toe ons kinders was en jy is verlief op 'n meisie máár jy weet nie of sy dieselfde oor jou voel nie, gebruik jy dan mos maar die enigste logiese en absoluut onfeilbare metode om uit te probeer uitvind. Jy gaan pluk 'n mooi spierwit Daisy in die veld en trek die blaartjies een vir een af terwyl jy sê, “She loves me, she loves me not, she loves me, she loves me not...”


Hopelik eindig die laaste blaar met, “She loves me” en dan is jou kop mos deur, of hoe? Anders gaan jy maar terug veld toe en pluk jy sommer 'n paar blommetjies totdat jy op die blaar met die regte antwoord eindig.

Jy hoef nie te wonder of die Here lief is vir jou nie.

Daar is baie van ons wat 'n wanbegrip of wanpersepsie van God het. Ek self sukkel nog partykeer daarmee. Ek onthou dat (veral) toe ek jonger was, het ek baie keer aan God gedink as hierdie knorrige ou oom wat my om elke hoek en draai wou straf vir alles wat ek verkeerd doen.

Gelukkig tog vir ons almal is die teendeel eintlik die waarheid.

Ons is maar geneig om (meeste van die tyd) ons eie ondervindings in die lewe as maatstaf te gebruik om te bepaal hoe ons oor iets voel. Jy het byvoorbeeld dalk al seergekry in die kerk en nou wil jy nooit weer 'n diens bywoon nie of dalk het jou eerste man jou miskien verneuk en wil jy nou nooit weer iets van 'n verhouding met iemand of van trou af weet nie.

So ook projekteer ons baie maklik die slegte ervarings wat ons by ons aardse Pa’s gehad het op God en veral wanneer God aan ons beskryf word as ons “Pa” of “Vader” voel ons soms ongemaklik met dié idee. As jy bv. 'n wreedaard vir 'n Pa gehad het, gaan daardie gevoelens wat jy teenoor jou aardse Pa gehad het waarskynlik taamlik maklik by jou posvat wanneer God aan jou as 'n Vaderfiguur voorgehou word.

Kies om nié die leun te glo nie.

Om God as 'n liefdevolle, versorgende omgee Pa te aanvaar is nie iets wat maklik kom vir iemand wat 'n baie slegte ondervinding met sy biologiese Pa gehad het nie. Dit is 'n doelbewuste keuse wat jy elke dag sal móét uitoefen om te glo dat Hy jou nie leed wil aandoen nie.

Dit is belangrik dat jy nie in jou gees verlam sal word a.g.v. die verkeerde assosiasie wat jy oor God maak of die persepsie wat jy van Hom het nie. God is nié 'n monster nie, Hy het géén begeerte om jou seer te maak of te verneder nie. Hy sal jou veel eerder beskerm en vergewe.

In 1 Petrus 4: 8 staan daar geskryf dat die liefde bedek baie sondes. Dit sê die volgende: “Daar is niks so belangrik as dat julle mekaar lief het asof julle eie lewe daarvan afhang nie. Die liefde sien ander se foute oor en gaan nie daaroor te kere nie.”

Hierdie liefde wat jou sondes bedek beteken nie dat Hy jou sonde onder die mat in vee nie, ek en jy kyk mos ook nie ons kinders se foute mis nie. Ons as ouers is maar net tóg te bewus van ons kleingoed en tieners se foute, maar wanneer hulle met hartseer in hulle ogies kom ekskuus sê, kan ons ook maar nie anders as om hulle innig jammer te kry, vas te druk en gou-gou sommer 'n klomp liefde (en dalk ook sommer 'n paar lekkertjies vir hulle daarby) vir hulle te gee nie.

God is ook so. Hy wil ons seën en veel eerder Sy genade aan my en jou bewys as enige iets anders.

Kom ons bid. Vader, ek het 'n verkeerde begrip van wie U is omdat ek deur my aardse Pa teleur gestel is. Help my dat ek van nou af sal kies om U te leer ken as 'n Vader vol liefde en genade. 'n Pa wat my veel eerder wil seën en reg leer as een wat my wil straf of teleurstel. Ek bid dit in die naam van Jesus Christus. Amen.

Wednesday 22 October 2014

Dis nog beter as faktor 50 - deur Anton Brink

Dit was gister 'n lekker dag en so besluit my kinders en hulle maatjie wat kom speel het opslag hulle wíl nou swem.

Nie lank nie of hulle storm almal uit die kamer elkeen met 'n swembroek aan en Pappa moet behoorlik bontstaan om sonbrand olie aan te smeer. Die laaste ding wat enige ouer tog wil hê is kinders wat vanaand nie kan bad of slaap nie omdat hulle in die son verbrand het nie.

Soos 'n klomp stap soldaatjies laat ek hulle toe in 'n ry voor my staan en smeer ek hulle elkeen van kop tot tone met faktor 50 sonbrand olie dat hulle lyfies en gesiggies eintlik so blink in die son en ek sit opblaas swem armpies aan die twee kleintjies wat nog nie so goed kan swem nie.

Hulle spring toe in die swembad en vir 'n paar ure het hulle toe tog so lekker geswem, gelag en gespeel soos wat net klein kindertjies kan.

Terwyl ek so rustig in die skaduwee oor hulle sit en wag hou kon ek nie help om te dink aan die Here Jesus en ook aan die bloed wat Hy vir my en jou aan die Kruis gestort het nie.

Jesus hou wag oor jou.

My kinders en hulle maatjie kon heerlik sorgeloos speel en baljaar in die water omdat hulle wéét daar is 'n man wat oor hulle die wag hou. Nie vir een oomblik sou ek toelaat dat enige een van hulle onder die water verdwyn en verdrink nie, ek was elke oomblik gereed om in te spring en hulle uit te red sou ek moes omdat ek vir hulle lief is en omgee.

Dit herinner my aan wat in Mattheus 10: 29 – 30 geskryf staan: “Wat dink julle sal iemand vir 'n mossie wil betaal? 'n Paar sent miskien, of hoe? Al is hulle vir ons so min werd, gee God tog baie vir hulle om. Kyk net hoe sorg Hy vir hulle. Nou nog 'n vraag: Wat dink julle, vir wie gee God die meeste om, vir mossies of vir julle? Ek hoef eintlik nie eens hierop te antwoord nie. God gee natuurlik duisend maal meer vir julle om. Van kop tot tone is julle vir Hom belangrik.”

Sy bloed beskerm jou.

Al het die son warm op dié drie kindertjies se velletjies gebrand het dit hulle glad nie seergemaak nie. Die maximum sterkte sonbrand olie (faktor 50) wat ek vir hulle aangesmeer het, was meer as genoeg om hulle teen die skerp strale van die son te beskerm. Jesus se bloed is beslis baie beter as faktor 50 sonbrand olie maar ek kan tog 'n vergelyking tref tussen die twee. Dit (die bloed) was al ons sonde weg en al kom die sterk aanklagte van die Satan teen ons in en kla hy ons daagliks by God aan kan dit ons geen skade aandoen nie, want ons is reeds vrygespreek.

In Lukas 20: 22 staan daar geskryf: “Toe almal klaar geët het, vat Jesus weer die beker wyn en sê: “Hierdie beker is die teken en die bewys dat God 'n splinternuwe ooreenkoms met julle maak. My bloed wat binnekort gaan vloei, sal al julle sondes wegwas. Dit sal maak dat julle in 'n nuwe verhouding met God staan.”

Die bloed van Jesus het jou sondes weggewas, God het daarvan (jou sonde) vergeet en Hy hou dit nie teen jou nie. Al doen die duiwel ook wat, sy skerp aanslae teen jou sál misluk, God stel as’t ware nie eens belang in wat hy (die duiwel) oor jou te sê het nie. Verder, onthou vandag dat Jesus hou die wag oor jou en dat Hy het self belowe dat hy jou nooit sal begewe of verlaat nie.

Skep dus goeie moed, jou verlosser leef en Hy gee intens om oor jou.

Kom ons bid. Here Jesus ek aanbid en bring lof aan U omdat U God is, daar is niemand wat met U kan vergelyk nie. Dankie, dat U elke dag oor my die wag hou en baie dankie vir U bloed wat gevloei het sodat ek vergewe kan word. Dankie, Here dat U my vryspreek het en dat die Satan se aanslae teen my misluk omdat ek in Christus is. Bly asb. naby my Here, ek wil elke dag van U teenwoordigheid bewus wees. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.


Tuesday 21 October 2014

Dood waar is jou angel? - deur Anton Brink

Jare gelede, ek praat nou van 1993, het ek baie goed bevriend geraak met 'n man en sy vrou (Izak en Celesté) wat in Loevenstein hier in die Kaap gewoon het.
Hulle het hulle oor my ontferm omdat ek daai tyd pas Kaap toe getrek het en ek nog nie regtig my voete kon vind of rigting kon kry nie.

Dit was eintlik amper 'n vreemde tipe vriendskap aangesien hulle in die omgewing van so 30 jaar ouer as ek was maar snaaks genoeg ten spyte van ons baie groot ouderdom verskil het ons tóg ten minste drie keer per week lekker saam gekuier so om 'n warm beker koffie en Celesté se tuisgemaakte beskuit.

Om die waarheid te sê hulle was baie vir my soos 'n Ma en 'n Pa terwyl ek vêr weg van my eie ouers af hier in die Kaap gewoon het.

Ek het baie by hulle geleer en het aande by hulle omgesit terwyl hulle vir my raad gee oor besluite wat ek moet maak ens. en hulle het male sonder tal vir my gebid en uit God se woord geleer en gehelp om 'n klomp dinge beter te verstaan.

Toe 'n meisie my hart gebreek het, was Izak en Celesté die mense op wie se skouers ek gaan huil het en het hulle vir my meer beteken as wat ek hier sal kan verduidelik.

(Neem kennis, wanneer iemand wat baie jonger is as jy, jóú waardig ag om inspraak in sy of haar lewe te gee moet dit dan asb. nié gering ag nie. Jongmense het goeie Goddelike inspraak bitter baie nodig en jy is dalk net die een vir wie die Here wil gebruik, so wees asb. geduldig met die jongmense wat jou raad nodig het.)

'n Paar jaar gelede het hulle toe egter weggetrek en hulle self op Danabaai net duskant Mosselbaai gaan vestig en van toe af het ek hulle eintlik bitter min gesien maar ons het steeds kontak behou.

'n Paar weke gelede hoor ek toe by Celesté dat dokters 'n breingewas by Izak ontdek het en dat die prognose lyk baie sleg.

Gisteroggend 09:13 vm. het Celesté my gebel en gesê dat Izak agt uur die oggend oorlede is, haar woorde aan my was, “Anton, I’m phoning to let you know that Zac went to be with Jesus at eight o’clock this morning.”

Dood waar is jou angel?

In 1 Korintiërs 15: 53 – 55 staan daar geskryf: “Hierdie liggaam wat ons nou het, gaan agter uit en is op pad na die dood toe. Die nuwe liggaam wat ons gaan kry, sal nie agteruitgaan nie en sal ook nooit doodgaan nie. Wanneer dit alles gebeur, sal dit presies wees soos die Skrif gesê het dit gaan wees: Die dood het nie meer enige krag of invloed nie. God het al die krag as oorwinnaar.”

In die ’83 vertaling in vers 55 sê dit, “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?”

Het 'n goeie vriend of familielid, dalk jou man, vrou of kind onlangs gesterf? Skep dan goeie moed. As hulle die Here Jesus as verlosser geken het, is daardie een vir wie jy omgegee het nié dood nie maar het nou 'n nuwe liggaam en is by God in die Hemel.

Daar sal 'n dag kom dat julle weer herenig sal word.

Kom ons bid. Here die seer is baie erg en ek verlang so vreeslik baie, maar ek weet en ek glo dat ek kort voor lank weer met al my geliefdes wat in Christus is herenig sal word en dat daar 'n ewigheid van vreugde saam met U op ons elkeen wag. Help my intussen om koers te hou, te treur wanneer ek moet maar om dan ook weer op te staan en aan te gaan met my lewe. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.


Monday 20 October 2014

Die ark staan oop - deur Anton Brink

Mense wat my goed ken sal kan getuig daarvan dat ek graag so nou en dan die term gebruik, “Die ark staan oop”.

Ek sê dit gewoonlik sommer grappenderwys wanneer ek vir iemand iets aanbied en dié persoon dan nie kan besluit of hy van my aanbod wil gebruik maak nie, sodat hulle kan besef dat hierdie aanbod van my gaan nie vir ewig bly staan nie.

Nou nou die dag bv. hoor ek hoe sê iemand dat sy so haastig is want sy moet nog Parow Centre toe ook stap en die dag is al amper om. Ek haak toe af van doer ander kant en sê, “Moet ek jou 'n “lift” gee, ek gaan in elk geval nou-nou ry dan ry ek sommer daai kant om en laai jou voor die sentrum af”. Dié ene “Uhm Uhm” toe nog so 'n paar keer en ek sê vinnig, “Toe toe toe, besluit nou, die ark staan oop.” M.a.w. ek gaan beslis nie heeldag rond staan en wag tot jý nou eendag besluit het nie, as ek ry dan ry ek en dan moet jy maar sélf sien kom klaar.

Sy’t toe maar net gelag en gesê, “Ja ja, wag ek kry net gou my handsak dan kom ek.” So hoef sy toe darem op die ou einde nie die lang pad af winkels toe te voet aan te gedurf het nie.

Die ark staan nogsteeds oop.

Daar is 'n ander spreekwoordelike ark wat ook oopstaan en dit is die verlossing en kwytskelding wat daar in Jesus Christus is. God se genade tyd vir ons is nog nie verby nie en jy het vandag nóg die geleentheid om 'n besluite vir Hom te maak.

Aanvaar die Here Jesus as jou verlosser.

God beloof vir ons dat as ons sou kies om die Here Jesus as persoonlike verlosser en Saligmaker te aanvaar dan sál Hy ons ons sonde vergewe en ons red ongeag van wat ons al ooit in hierdie lewe aangevang het en selfs méér nog, vir die sondes wat ons ook nog gáán doen.

Wil jy nie vandag die onderstaande gebed asb. saam hardop bid en Jesus Christus ook jou verlosser maak nie? Onthou, die “ark” staan wel op hierdie stadium nog oop máár daar sal ongelukkig 'n dag kom dat ook hierdie ark se deur gesluit gaan word.

Maak jou besluit asb. gouer eerder as later. As jy wel kies om Christus as verlosser te bely maak dan asb. met ons gebed vriende by Tygerberg 104fm kontak op 0861 104 104 en sê vir hulle wat jy vandag gekies het sodat hulle verder kan raad gee oor wat jou nou te doen staan.

Sterkte!

Kom ons bid. Hemelse Vader, vandag weet ek dat ek, soos alle mense wat gebore word op hierdie aarde, oppad is hel toe. Al lewe ek hoe goed, tensy ek by ’n punt kom waar ek besef dat ek ’n Verlosser nodig het, kan ek nooit uit my eie goeie dade of lewe die Ewigheid in U teenwoordigheid deurbring nie.

Dankie dat U Jesus, vir my sondes gesterf het, begrawe is en op die derde dag weer opgestaan het en opgevaar het na die hemel waar U aan die regterhand van God sit en my Voorspraak is. Ek bely vandag dat U die Seun van God is en dat U my verlossing duur gekoop het.

Dankie Heilige Gees dat U daagliks my metgesel is en dat U my leer en lei in die waarheid. Vandag aanvaar ek Jesus Christus as my Verlosser en Saligmaker en weet ek dat ek in U alles het wat ek nodig het om die Ewige Lewe te kry, volgens Joh. 17: 3

Ek dank U dat ek nou in ’n lewende verhouding met U kan wees en dat ek in U ’n Vriend en daaglikse Trooster en metgesel het. Amen


Friday 17 October 2014

Wees lig - deur Anton Brink

Jy weet nè, as gelowiges nie rigting in hierdie wêreld kan gee en lig daarvoor kan wees nie dan weet ek regtig nie wat sal van ons word nie.


Ons moet elke liewe dag van ons lewe God se standaard uitleef in ál ons doen en late en ons moenie skaam wees daaroor nie, mense moet kan wéét dat jy Jesus ken al sê jy nie eens een woord nie

Christene is veronderstel om ooglopende voorbeelde te wees van mense wat 'n onuitblusbare hoop het en wie daagliks in oorwinning lewe. Daarmee bedoel ek glad en hoegenaamd nie dat ons elke dag hoef te huppel en spring of van die oggend tot die aand 'n glimlag op ons gesigte moet hê asof niks ons pla en asof niks ooit skeefloop nie.

Nee, wat ek wél sê is dat ek en jy moet voorbeelde wees van mense wat 'n pad saam met die Here loop en wie (ten spyte) van moeilike en uitdagende tye na die tyd kan getuig van die oorwinning of uitkoms wat God die Vader vir ons gegee het.

Verkondig die Evangelie van Jesus Christus en as dit nodig is gebruik selfs woorde.

As mense nie kan sien dat jy 'n gelowige is nie dan is jou geloof in God net lippetaal. Onthou dat die Bybel leer vir ons dat geloof sonder werke is dood en ook dat ons elkeen gered is (tot) goeie dade.

Kyk wat staan in Jakobus 2: 14 waar dit sê: “Liewe broers en susters, dink julle dit gaan help as iemand oral rondvertel dat hy glo, maar glad nie soos 'n gelowige optree nie? Die blote gepratery oor geloof is tog nie genoeg om so 'n mens se saak met God reg te maak nie.”

Voeg vandag daad by die woord en kies om iemand te wees wie se dade strook met sy woorde. Sodoende sal ander mense sien dat jy die Here Jesus ken en dat jy in 'n geregverdigde verhouding met God staan en sal hulle ook (hopelik) wil hê wat jy het.

Kom ons bid. Vader gee my asb. die moed om daad by die woord te voeg en om dit wat ek met my mond as gelowige sê en graag by die kerk of selgroep oor praat prakties te begin uitleef. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.


Thursday 16 October 2014

Mind The Gap - deur Anton Brink

Gister het ons so 'n effense “ligter” oomblik beleef in die ateljee toe ek op die lug by Tygerberg 104fm die gek geskeer het met ons verkeersman, Richard de Villiers.



Hy (Richard) het verlede week grappende wys gesê dat hy sal vir my en Rouchelle elkeen 'n “Cappuccino” bring een oggend en jy weet mos wat hulle sê, beloftes maak skuld.

Ek het hom toe sommerso op 'n humoristiese manier 'n lekker harde tyd gegee oor die feit dat dit nou al 'n hele week later is maar stééds is daar geen Cappuccino in sig nie en ek haal toe vir hom die skrifgedeelte aan uit Lukas 16:10 wat praat oor om getrou te wees in die klein goedjies.

Arme ou Richard het geen verweer gehad nie, dit was baie snaaks.

Dit was nie lank na dié pallawa op die lug nie of een van Richard se vriende, 'n man met die naam “J.C.” stuur toe 'n boodskap na ons ateljee SMS lyn en vra of hy maar asb. namens sy goeie ou vriend Richard de Villiers twee Cappuccino’s vir ons by die ateljee kan kom aflewer aangesien Richard nie kan nie.

J.C. het vir Richard in die “gap” gestaan of anders gestel, hy het vir Richard ingetree of in die bres getree. M.a.w. toe Richard nie self kon doen wat hy wou of moes nie het iemand anders dit namens hom gedoen.

God verwag van ons om vir mekaar in te tree.

Ons lees van so 'n verhaal waar iemand veronderstel was om in te tree maar in daardie geval nié het nie ook in die Bybel wanneer ons kyk na Ezekiel 22: 30 waar God praat en sê: “Ek het gesoek na iemand in die stad wat goed sal doen, iemand wat 'n muur om die stad sal bou sodat die stad teen sy vyande beskerm kon word. So iemand moet goed doen, maar Ek het nie so iemand in die stad gekry nie. Niemand sal die stad beskerm nie.”

As óns nie intree nie wie sal dit dan doen?

Ek glo dit is omdat mense (veral) gelowiges nie vir mekaar intree nie dat die wêreld lyk soos dit lyk. As meer van ons net die moeite wil doen om fisies in die “gap” te staan vir andere, kan jy net dink hoeveel beter hierdie wêreld sou wees.

'n Paar bekende Bybelse voorbeelde van mense wat in die bres getree het vir andere is, om maar net 'n paar te noem, Moses, Daniel, Abraham, Job en natuurlik die grootste een van hulle almal, Jesus Christus wat namens my en jou in die “gap” gestaan het deur al ons skuld op Hom te neem en die prys daarvoor aan die Kruis te betaal.

Ongelukkig is om in te tree vir ander mense of soos ek dit hier noem om vir hulle in die “gap” te staan 'n karaktereienskap wat meeste mense nie het nie, dit is nie iets wat spontaan en natuurlik vir ons kom nie omdat. A.g.v. ons sondige natuur neig die mensdom mos maar om liewer selfsugtig te wees en wanneer ons opofferings moet maak vir ander mense soos wat hier bespreek word skram ons eerder daarvan af weg.

Begin by die mense vir wie jy omgee.

Wanneer jy regtig vir iemand omgee, is dit baie makliker om jou vleeslike selfsug te verloën en opreg vir daardie persoon in te tree. Onthou dat om in te tree vereis iets van jou en dit gaan amper altyd gepaard met een of ander tipe van opoffering, al is dit dan ook nét om vroeg op te staan en met die Here oor 'n saak te praat. Wanneer dit vir iemand is vir wie jy lief is en omgee is dit sommer al klaar baie makliker om te doen.

Moenie uitstel nie. Ek is seker daarvan dat selfs nou terwyl jy aandagtig hierdie boodskap lees kan jy sekerlik dink aan “issues” waarmee van jou goeie vriende of familie sukkel wat jy sommer self namens hulle na die Here toe in gebed kan neem.

Doen dit nou. Die Here wag dalk nét vir jou om in te tree voordat Hy kan begin beweeg.

Kom ons bid. Here God daar is so baie behoefte in hierdie wêreld en so baie mense wat smag na U. Wys my vir wie om in te tree en ook hoe om dit te doen. Help my om vandag iemand anders se antwoord op gebed te wees. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.


Wednesday 15 October 2014

Die klein goedjies maak saak - deur Anton Brink

As jy nie getrou kan wees in die klein goedjies nie, hoe kan ons dan verwag dat die Here ons met meer moet vertrou?

Ek het gister 'n pragtige verhaal gelees wat 'n goeie vriendin van my en my vrou op haar facebook bladsy gedeel het. Dit gaan oor 'n New York taxi bestuurder se ondervinding toe hy een oggend baie vroeg 'n broos ou tannie by haar woonstel moes gaan oplaai.

Dit was nog donker toe hy met sy geel taxi voor haar deur stilhou en op sy kar se toeter druk. Na 'n kort rukkie wou-wou hy amper begin ongeduldig raak omdat niemand na vore kom nie, maar hy besluit toe om tóg maar uit te klim en aan die deur te gaan klop.

Wat dié taxibestuurder nie geweet het toe hy die oggend voor daardie deur stop nie is dat hierdie bejaarde ou tannie wat hy moes kom oplaai terminaal siek was en dat haar dokter haar reeds meegedeel het dat sy nie meer baie lank sou leef nie.

Toe sy uiteindelik die deur oopmaak het hy haar goedjies gevat en tot by die kar gehelp.

Wat hierna gebeur het, is nogal baie kosbaar en het hierdie man (en ek) 'n waardevolle les geleer. Toe die ou tannie by hom in die motor klim het sy gevra dat hulle asb. die lang pad moet neem tot by haar bestemming, hy was vinnig om haar te herinner dat dit meer sou kos en dat daar is 'n korter roete maar sy het net gesê dat sy nie omgee nie en ook glad nie haastig is nie omdat sy op pad is na die hospice om te gaan sterf.

Jy kan gerus die storie self lees. Ek het dit vir jou aan hierdie stukkie bygelas net na die gebed.

Toe hy dit hoor het die taxi bestuurder stil-stil die betaal meter afgeskakel en dié ou tannie op die ou einde vir twee ure lank net rondgery na al die verskillende plekke in die stad waarvan sy nog mooi herinneringe koester.

Dit sou daardie dag haar laaste besoek ooit aan al hierdie plekke wees.

Die man wat die taxi bestuur vertel in sy verhaal dat hy kon vir lank na hy die bejaarde tannie reeds afgelaai het nie ophou dink aan die feit dat hy deel was van daardie ou tannie se laaste dae op hierdie aarde nie en dit was ook vir hom 'n kosbare en uiters spesiale oomblik.

Die feit is dat ons elkeen kry elke dag sulke kanse om die lewe vir iemand beter te maak. God gee vir elke gelowige iets waarmee hy jou vertrou om ander mense se lewens mee beter te maak, ons praat gewoonlik daarvan as 'n “bediening” en onthou, 'n bediening is nie altyd noodwendig iets wat nét binne in die kerk gebeur nie.

Dit is nie nét die dominee of die pastoor wat gereken kan word as mense wat in 'n bediening staan nie, nee, daar is bitter baie ander dinge wat die Here vir Sy kinders gee om te doen en (neem kennis) Hy kyk ook na jou om te sien of jy daarmee vertrou kan word, Hy hou jou as’t ware dop.

Wanneer dit dan wel die geval is dat God sien jy is ernstig daarmee met wat Hy vir jou gegee het, kan jy amper verwag dat Hy op een of ander stadium na jou toe gaan kom en sê: “Nou maar reg, jy was getrou in die min wat ek aan jou toevertrou het en nou gaan ek vir jou nóg meer gee.”

In Lukas 16: 10 staan daar geskryf: “Julle moet eerlik wees, selfs ook in die heel kleinste dingetjies wat julle doen. As julle vertrou kan word met kleingeld, sal julle ook vertrou kan word met 'n hele sak vol geld. Aan die ander kant, as julle nie eens vertrou kan word met 'n paar sent nie, hoe sal julle dan eerlik wees wanneer julle besigheid doen?

Moet nooit dink dat die klein goedjies wat jy doen is onbenullig of dalk nie die moeite werd om dit met opregtheid en oorgawe te doen nie, dit is dalk net iets wat die Here self van jou verwag om te doen en wie weet, kort voor lank sien jy ook dat die Here jou met nog meer begin vertrou.

Sterkte!

Kom ons bid. Here God wys my asb. elke dag waar die geleenthede lê om selfs net ietsie kleins te doen wat U vir my gee en waarmee ek vir U en dalk iemand anders bly kan maak. Help my om altyd getrou te bly in die klein dinge Here sodat ek ook eendag deur U bevorder kan word en met nog meer vertrou kan word. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.

A sweet lesson on patience.

A NYC Taxi driver wrote:

I arrived at the address and honked the horn. After waiting a few minutes I honked again. Since this was going to be my last ride of my shift I thought about just driving away, but instead I put the car in park and walked up to the door and knocked.. 'Just a minute', answered a frail, elderly voice. I could hear something being dragged across the floor.

After a long pause, the door opened. A small woman in her 90's stood before me. She was wearing a print dress and a pillbox hat with a veil pinned on it, like somebody out of a 1940's movie.

By her side was a small nylon suitcase. The apartment looked as if no one had lived in it for years. All the furniture was covered with sheets.
There were no clocks on the walls, no knickknacks or utensils on the counters. In the corner was a cardboard box filled with photos and glassware.

'Would you carry my bag out to the car?' she said. I took the suitcase to the cab, then returned to assist the woman.

She took my arm and we walked slowly toward the curb.

She kept thanking me for my kindness. 'It's nothing', I told her.. 'I just try to treat my passengers the way I would want my mother to be treated.'
'Oh, you're such a good boy, she said. When we got in the cab, she gave me an address and then asked, 'Could you drive through downtown?'

'It's not the shortest way,' I answered quickly..

'Oh, I don't mind,' she said. 'I'm in no hurry. I'm on my way to a hospice.
I looked in the rear-view mirror. Her eyes were glistening. 'I don't have any family left,' she continued in a soft voice..'The doctor says I don't have very long.' I quietly reached over and shut off the meter.

'What route would you like me to take?' I asked.

For the next two hours, we drove through the city. She showed me the building where she had once worked as an elevator operator.

We drove through the neighborhood where she and her husband had lived when they were newlyweds She had me pull up in front of a furniture warehouse that had once been a ballroom where she had gone dancing as a girl.

Sometimes she'd ask me to slow in front of a particular building or corner and would sit staring into the darkness, saying nothing.

As the first hint of sun was creasing the horizon, she suddenly said, 'I'm tired. Let's go now'.

We drove in silence to the address she had given me. It was a low building, like a small convalescent home, with a driveway that passed under a portico.

Two orderlies came out to the cab as soon as we pulled up. They were solicitous and intent, watching her every move.

They must have been expecting her.

I opened the trunk and took the small suitcase to the door. The woman was already seated in a wheelchair.

'How much do I owe you?' She asked, reaching into her purse. 'Nothing,' I said
'You have to make a living,' she answered.

'There are other passengers,' I responded.

Almost without thinking, I bent and gave her a hug.She held onto me tightly.
'You gave an old woman a little moment of joy,' she said. 'Thank you.'
I squeezed her hand, and then walked into the dim morning light.. Behind me, a door shut. It was the sound of the closing of a life..

I didn't pick up any more passengers that shift. I drove aimlessly lost in thought. For the rest of that day, I could hardly talk.What if that woman had gotten an angry driver,or one who was impatient to end his shift? What if I had refused to take the run, or had honked once, then driven away?

On a quick review, I don't think that I have done anything more important in my life.
We're conditioned to think that our lives revolve around great moments.

But great moments often catch us unaware-beautifully wrapped in what others may consider a small one.



Tuesday 14 October 2014

Pappa, kan ek maar asb. alles kry? - deur Anton Brink

Sondagmiddag het ek en my vrou so entjie gaan stap terwyl die kinders so al om ons en voor ons uit 'n bietjie op hulle fietse rondry.


Ons kom toe tot by 'n klein kafeetjie daar naby en ek en sy besluit toe om vir ons elkeen daar 'n lekker “bar one” te koop en om dit dan sommer oorkant op die gras onder 'n boom te gaan sit en eet terwyl ons kyk hoe die kinders op hulle fietse kerjakker.

Skaars het ek kans gekry om 'n happie van bar one te vat of my dogtertjie (6) kom op haar fietsie met die “training wheels” aan na my toe aangery.

Soos sy nader kom sien sy my sjokolade en ek vra toe vir haar of sy 'n happie daarvan wil hê. Natuurlik knik sy toe dadelik instemmend ja en neem dié sjokolade uit my hand.

Net soos wat sy die happie van hierdie lekkerny wil vat stop sy skielik en kyk stip na my met daardie groot sagte bruin oë van haar. Met 'n koppie wat so effens skeef na links hang en met 'n skaam glimlag om haar mondhoeke vra sy, “Pappa, kan ek maar asb. alles kry?”

Drup drup voel ek hoe smelt my hart hier binne-in my bors en sonder veel aarseling of teëpratery sê ek vir haar, “Natuurlik my skat, jy kán maar enige tyd alles kry.”

Ons wil mos maar almal graag vir ons kinders gee wat hulle vra, al is dit dan nou ook net 'n lekker sjokolade so nou en dan, of hoe?

Hierdie oomblik met my kind het my baie laat dink aan hoe God ook oor my en jou voel en ek kon nie help om te dink wat in die Bybel geskryf staan nie.

Dit staan in Lukas 11 vanaf vers 11 – 13 geskryf: “Wie van julle wat 'n pa is, sal vir julle kind 'n slang gee as hy julle 'n stukkie vis vra om te eet? As hy vir 'n eier vra, gee julle hom mos nie iets boos soos 'n skerpioen nie. Nou ja, God maak ook nie so met Sy kinders nie. As julle klomp slegte mense net goeie dinge vir julle eie kinders gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse Vader dit dan nie doen nie? Ek verseker julle: Hy sal selfs die Heilige Gees met Sy groot krag gee aan almal wat ernstig tot Hom bid.”

Ongelukkig het baie van ons 'n bedelaar of slaaf mentaliteit as dit by God kom en vergeet ons dat Hy noem ons sy eie kinders a.g.v. wat Jesus Christus vir elke gelowige aan die Kruis kom doen het. Ons is nie slawe nie en ook nie bedelaars nie, ons is Sy kinders!

Hou dus vandag op om na God toe te gaan met 'n slaaf of bedelaar ingesteldheid wanneer jy in gebed na Hom toe gaan om vir Hom vir iets te vra. Glo net eenvoudig dat omdat jy Sy kind is sal Hy nie net vir jou dit gee wat jy nodig het nie maar sommer ook nog 'n paar lekker “sjokolade” bederfies daarby.

Kom ons bid. Here ek vra in die naam van Jesus Christus dat U my asb. sal seën met alles wat ek nodig het én sommer nog meer as dit sodat ek sal kan uitdeel aan ander daar waar ek behoefte sien. Wys vir my U Vaderhart vir my sodat ek as 'n Pa sal ervaar en nie 'n moeilike en ongenaakbare wreedaard nie. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.



Monday 13 October 2014

Maak vandag jou besluit - deur Anton Brink

Verbeel jou jy staan in 'n hofsaal voor 'n regter wat die mag het om jou vir ewig te verdoem, jy weet jy ís skuldig en dat daar hoegenaamd niks is wat jy kan doen of selfs aanbied ter versagting of verskoning vir jou sonde nie en jy wéét dat jy selfs in 'n miljoen jaar nooit jou skuld sal kan betaal nie.



Die volgende oomblik hoor jy 'n stem agter jou wie se, “Edel agbare, hierdie man/vrou hét reeds my aanbod om kwytskelding aan die Kruis aanvaar. Ek het klaar sy/haar skuld betaal.”

Die Regter knik instemmend en goedkeurend “ja”, slaan met sy hamer op die regter bank en uiter dan hard en duidelik die woorde, “Die beskuldigde (sit jou naam hier) word vrygespreek op grond van die feit dat Jesus Christus die boete ten volle namens hom/haar vereffen het.”

Jy kan dit ook hê.

As jy nog nie die Here Jesus se aanbod aan die Kruis aanvaar het nie nooi ek jou om dit dan nou te doen. Lees die onderstaande gebed asb. hardop saam en aanvaar Hom as jou persoonlike verlosser en Saligmaker.

As jy kies om dit te doen kontak ons dan by Tygerberg 10fm en praat met ons gebed vriende oor die besluit wat jy gemaak het sodat hulle jou verder kan help en raad gee. Die kontak nommer is 0861 104 104.

Kom ons bid. Hemelse Vader, vandag weet ek dat ek, soos alle mense wat gebore word op hierdie aarde, op pad is hel toe. Al lewe ek hoe goed, tensy ek by ’n punt kom waar ek besef dat ek ’n Verlosser nodig het, kan ek nooit uit my eie goeie dade of lewe die Ewigheid in U teenwoordigheid deurbring nie.

Dankie dat U Jesus, vir my sondes gesterf het, begrawe is en op die derde dag weer opgestaan het en opgevaar het na die hemel waar U aan die regterhand van God sit en my Voorspraak is. Ek bely vandag dat U die Seun van God is en dat U my verlossing duur gekoop het.

Dankie Heilige Gees dat U daagliks my metgesel is en dat U my leer en lei in die waarheid. Vandag aanvaar ek Jesus Christus as my Verlosser en Saligmaker en weet ek dat ek in U alles het wat ek nodig het om die Ewige Lewe te kry, volgens Joh17:3

Ek dank U dat ek nou in ’n lewende verhouding met U kan wees en dat ek in U ’n Vriend en daaglikse Trooster en metgesel het. Amen



Friday 10 October 2014

Die vurige gebed van elke gelowige - deur Anton Brink

Onlangs het ek die baie groot voorreg gehad om vir 'n vriend van my se ouers in gebed in te tree.



Ek weet dit val miskien vir jou effe vreemd op die oor wanneer ek dit so stel en sê dat ek het die voorreg gehad om vir my vriend se ouers te bid maar laat my toe om te verduidelik wat ek bedoel.

Ons bid baie keer vir ander mense, veral vir die vir wie ons goed ken. Dis tog niks snaaks nie, as gelowiges kom ons so elke nou en dan bymekaar by die kerk of by jou selgroep en dan luister ons na mekaar se behoeftes en probleme en dan bid ons en vra die Here om iets aan dié medegelowige se situasie te doen.

As die diens of die selgroep verby is beweeg ons weer aan en vergeet amper daarvan dat ons gebid het. Eers later by die volgende geleentheid (amper per ongeluk) val dit ons by dat ons het mos laasweek 'n probleem of behoefte in gebed na die Here toe gevat en vra ons dan dalk so bietjie uit daarna om te hoor of daar toe iets van gekom het.

Die Bybel leer vir ons dat die vurige (opregte en aanhoudende) gebed van 'n gelowige dra groot krag.

Kyk wat staan geskryf in Jacobus 5: 16 – 18, “Daarom moet julle vir mekaar sê dat julle jammer is oor julle sondes. Julle moet ook vir mekaar bid sodat julle gesond kan word. Wanneer iemand doen wat die Here wil hê en hy bid, dan sal sy gebed help dat groot dinge gebeur. Elia was ’n mens soos ons. Hy het baie ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en dit het drie jaar en ses maande lank nie gereën op die aarde nie. Toe het Elia weer gebid, en die reën het uit die lug gekom, en die aarde het sy plante laat groei.”

In die Amplified Bybel sê dit: “Confess to one another therefore your faults (your slips, your false steps, your offenses, your sins) and pray [also] for one another, that you may be healed and restored [to a spiritual tone of mind and heart]. The earnest (heartfelt, continued) prayer of a righteous man makes tremendous power available [dynamic in its working]. Elijah was a human being with a nature such as we have [with feelings, affections, and a constitution like ours]; and he prayed earnestly for it not to rain, and no rain fell on the earth for three years and six months. And [then] he prayed again and the heavens supplied rain and the land produced its crops [as usual].”

Hoekom ek vroeër gesê het dat dit vir my 'n voorreg was om vir my vriend se ouers te kon bid is omdat die hele situasie op so 'n mooi spontane en Goddelike manier gebeur het en ek het die voorreg gehad om 'n aandeel aan daardie verandering te kon hê. Ek glo die feit dat ek vir hulle (my vriend se ouers) in gebed ingetree het, was deur en deur Gees geïnspireerd en dat dit was nie iets wat uit my self gekom het nie.

Wat het gebeur?

Wel, 'n hele paar maande gelede het ek en my vrou 'n paartjie vir wie ons graag beter wou leer ken oorgenooi om een aand by ons te kom eet. Ons het regtig lekker gekuier en saam gesit en gesels rondom die eetkamertafel tot laat die aand. Ons het oor allerhande dinge gesels en na 'n rukkie begin ons toe te praat oor dié man se ouers.

Dit was nie lank nie of ek kon sien dat daar verskriklik baie pyn en hartseer vir hom in daardie onderwerp was en dat dit was vir hom moeilik om daaroor te praat. Die rede is dat sy ouers wou nie eintlik enige iets met hom, sy vrou of selfs sy kinders te doen hê nie en hulle het ook nie veel belang gestel daarin om hulle verhouding te probeer restoureer nie, ten spyte daarvan dat hy op vele kere so mooi probeer het.

Ek het hom innig jammer gekry en het magteloos gevoel om te probeer help om hom en sy ouers se verhouding beter te maak en hulle te herenig. Om die waarheid te sê, ek kén nie eens sy Ma en Pa nie en ek het hulle ook nog nooit in my hele lewe ontmoet nie so wat op aarde kan ék nou aan die situasie doen?!

Na hulle al weg is kon ek steeds nie ophou om aan sy hartseer storie te dink nie en ook aan net hoeveel die duiwel by hom en sy ouers kom steel het nie. Na 'n rukkie het ek besef dat ek 'n baie swaar gebed las, nie net vir my vriend nie maar ook vir sy Ma en Pa ervaar al ken ek hulle nie eens nie.

Ek het die volgende oggend 03:45 in die hartjie van die koue winter opgestaan, dit was moeilik maar in gehoorsaamheid aan die Here het ek (gekies) om dit te doen en het ek vurig vir my vriend en veral vir sy ouers gebid dat die Here hulle gebroke verhouding sal herstel.

Ek het dit stiptelik elke oggend vir drie maande gedoen.

Dit is vandag altesaam ses maande later vanaf die eerste dag af dat ek begin bid het en wat gebeur het, kan as niks anders as 'n wonderwerk beskryf word nie. Sy ouers het net ewe skielik en spontaan met hom en sy vrou begin kontak maak en dit lyk op hierdie stadium asof hulle verhouding goed op pad is om heeltemal te herstel.

Ek was só bly toe ek dit hoor en om net te dink dat God het dit goedgedink om my gebed so presies te verhoor, dis wonderlik.

Die Here hou daarvan wanneer ons vir mekaar onselfsugtige moeite doen. Kyk maar na Job, eers toe hy vir sy vriende begin bid het God sy situasie positief begin verander. Daar was vir my geen wins of voordeel daarin om vir my vriend en sy ouers te bid nie. Vir drie maande lank het ek sy situasie getrou namens hom na die Here toe geneem en God het dit geëer.

As jy ook so doen glo ek met my hele hart sal jy ook sien hoe God se hand nie net in die mense vir wie jy bid nie maar ook in jou eie lewe begin beweeg.

Kom ons bid. Vader gee vir my daardie gebed las vir ander mense sodat ek vurig vir hulle kan bid in opregtheid omdat ek waarlik omgee en deur U Heilige Gees gelei word. Ek wil graag sien hoe U in my lewe en die lewe vir die mense vir wie ek bid beweeg. Ek vra dit in in die naam van Jesus Christus. Amen.


Thursday 9 October 2014

Verdra mekaar - deur Anton Brink

Nie almal sien die lewe soos ek of jy nie, opinies verskil.


Dis een van die redes waarom daar so baie verskillende kerke is, mense sien en verstaan dinge op verskillende maniere en elke mens is oortuig dat nét hy of sy die enigste een is wat reg is. Dan voel ons mos ook boonop dat as ander mense nie dinge sien soos ék dit sien nie dan vat ek eenvoudig net my goed en loop en begin ek maar sommer my eie groepie iewers anders.

Om dinge nog erger te maak, wil hierdie verskillende groepies (in baie gevalle) wil dan ook sommer niks met mekaar te doen hê nie, want julle doen dinge mos só en ons doen dit só en elkeen sit op sy eie ou klein hopie en kraai koning.

Kyk wat lees ons in die Bybel. In Efesiërs 4: 1 – 5 staan daar geskryf: “Ek sit hier in die tronk omdat ek vir die Here werk. Dit wys hoe ernstig ek oor hierdie dinge is en juis daarom vra ek julle mooi: leef so dat God trots kan wees dat Hy julle na Hom toe geroep het. Moenie voorop die was wees nie en behandel ander mense so dat dit vir hulle lekker is om by julle te wees. As iemand jou kwaad maak of irriteer, beheers jouself deur steeds mooi teenoor hom op te tree. Laat (liefde) julle lojaal teenoor mekaar hou , ook wanneer julle voel julle het nou vir eers genoeg van mekaar gehad. Die Heilige Gees het van ons een hegte span vir God gemaak. Hierdie “een-wees” en “saam-wees” moet ons tot elke prys bewaar. Ons moet nie toelaat dat enigiets tussen ons kom wat die goeie verhouding tussen ons bederf nie. God is nie verdeel nie. Daar is net een liggaam van Christus, waarvan ons deel is en net een Heilige Gees. Ons almal se hoop is ook een en dieselfde.”

Kom dat elkeen van ons nooit vergeet net hoe belangrik eenheid vir God is nie. Moenie lelik en neerhalend krities met ander weergebore kinders van die Here wees net omdat hulle lyk en praat soos jy nie, kom dat ek en jy moeite doen om ander gelowiges lief te hê en te respekteer. Sorg dat eerder dat jou eie saak met die Here reg is voor jy 'n vinger na ander kinders van die Here wil begin wys .

Kom ons bid. Vader God, help my om eerder eenheid in die liggaam van Christus aan te moedig as wat ek verdeeldheid saai. Help my om nooit te vergeet net hoe belangrik eenheid vir U is nie en dat ek dit sal nastreef. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.


Wednesday 8 October 2014

Jy is vry - deur Anton Brink

Lewe jy nog asof jy in 'n tronk vasgevang is waar jy heeldag 'n klomp godsdienstige reëls en regulasies moet nakom en as jy dit nie nakom nie voel jy skuldig en begin dan wonder of jy dalk jou redding as gevolg daarvan verloor het?



Kyk wat staan in Johannes 3: 17 – 18: “God het nie die Seun na hierdie wêreld toe gestuur om net vir almal te kom sê hoe sleg hulle is nie. Nee, Hy het Hom gestuur sodat mense wat sleg was weer by God kon uitkom. Dit is soos 'n hofsaak. Elkeen wat dus in geloof vir Hom “ja” sê, is deur God vrygespreek. Aan die ander kant weerklink die oordeel woorde nou reeds oor dié wat die Seun nie gelowig aanvaar nie: “Julle is skuldig, want julle draai julle rug vir die unieke Seun van God!”

God se plan was vir Jesus om die verlossings werk NAMENS ons te kom doen, om ons (die gevangenes) vry te laat, die kettings te breek en sodoende (nie net) vir ons lewe te gee nie, maar lewe in oorvloed.

Die hartseer is dat 'n baie groot deel van gelowiges nóú nog nie die ware implikasies van Jesus se offer begryp nie. Hulle dink (meestal onbewustelik) dat die Kruis nie genoeg was nie. Hulle glo dat dit die Kruis (plus) hulle goeie werke en godsdienstige rituele is wat hulle red. Rituele (gewoontes) soos om elke Sondag kerk toe gaan, drie ure per dag te bid, tiendes en offerandes te betaal en wat nog alles, die lys kan aangaan en aangaan.

Ons moet begryp dat al hierdie goed is die GEVOLG van jou redding, dit is nie die rede waarom jy gered word nie! Jy gaan dus nie hemel toe omdat jy met elke diens voor in die kerk sit, elke dag bid en bydraes maak nie. Jy gaan hemel toe omdat jy Jesus Christus as jou verlosser aanvaar en bely en God jou dan deur Sy genade kom red. Mooi en goeie werke kom a.g.v. jou verhouding met God. Die Bybel sê dat ek en jy is gered TOT goeie werke nie AS GEVOLG VAN goeie werke nie.

Jy moet verstaan dat al probeer jy hoe hard, terwyl jy op hierdie aarde in jou vleeslike liggaam woon, sál jy altyd vatbaar wees vir sonde. Om dit nie te (wil) glo nie is soos om te sê dat jy nooit 'n verkoue sal kry nie. Niemand wil verkoue hê nie en jy gaan soek beslis ook nie daarvoor nie maar op een of ander stadium kry elkeen van ons tog maar verkoue.

Jy hoef jou self dus nie vir dae, maande en jare lank aanhoudend “pak” te gee omdat jy destyds iets verkeerd gedoen het of dalk nogsteeds doen nie. Ten spyte van jou sonde sê God vir elkeen van ons in 2 Korintiërs 12: 9 “My genade is vir jou genoeg”.

God sê m.a.w. vir ons dat Hy verseker nie Sy toestemming gee dat ons maar mag sonde doen nie, maar as dit (sonde) wel gebeur sal daar nog altyd vir elkeen van ons volop genade wees om Sy vergifnis te ontvang en aan te gaan met ons lewens.

Kom ons bid. Vader ek loof en prys U vir U oneindige groot genade en die feit dat ek daagliks daarvan kan kom skep. Dankie, Here dat U my nie red omdat ek goeie en mooi dinge doen nie maar omdat ek gered is, daarom WIL ek graag vir U en tot U eer hierdie goeie en mooi dinge aanpak. Help my Vader om nooit soos 'n slaaf te leef nie maar dat ek sal raaksien en besef dat ek 'n kind is in my Vader se huis met al die voorregte wat daarmee gepaard gaan. Ek vra dit in Jesus se naam. Amen.


Tuesday 7 October 2014

Genade vir my en jou - deur Anton Brink

God se genade het nog nie tot 'n einde gekom nie.

Is jy vasgevang in jou sonde en is die skuldgevoelens besig om jou onder te kry. Daar is goeie nuus. God nooi jou om met (vrymoedigheid) na Hom toe te (hardloop) en genade by Hom te ontvang.

God is nie bereid om Sy rug op jou te draai nie. Hy wil jou optel, vasdruk en vir jou vertel dat Hy jou lief het en vergewe.

As jou klein kindjie (wat nie van beter weet nie) buite in die modder gespeel het en dan vuil die huis inhardloop gaan jy hom tog nie weggooi nie. Nee, jy gaan hom optel, was en skoon klere aantrek. Hy bly steeds jou kind maak nie saak wat nie.

In Hebreërs 4: 15 – 16 staan daar geskryf, “Hy is nie iemand wat niks van ons weet en daarom nie simpatie met ons swakhede sal hê nie. Nee, Hy het al dieselfde pad as ons geloop en is deur dieselfde versoekings as ons, met dié verskil dat Hy nie een maal 'n fout gemaak het nie. Ons hoef dus nie bang te wees of te wonder of ons na God toe mag gaan nie. Ons kan maar gaan, want God sal baie goed wees vir ons. Wanneer ons dit nodig het, sal god vir ons meer gee as wat ons verdien en ons met Sy liefde omvou.”

Hou op om te probeer wegkruip vir die Here. Hardloop eerder met oop arms na Sy troon van genade en laat toe dat Hy jou red.

Kom ons bid. Vader ek bely dat ek nog steeds sonde doen, vergewe my asb., maar ek weet ook dat U my lief het ten spyte van al my tekortkominge en nie a.g.v. al my prestasies nie. Ek hardloop vandag na U troon van genade en ek dank U dat U my lief het en vergewe. Ek bid dit in die naam van Jesus. Amen.


Monday 6 October 2014

Daar is 'n rede waarom ons Hom die goeie Herder noem! - deur Anton Brink

Voel dit vir jou ook soms asof dit die Here self is wat jou verbrysel, asof dit Hy self is wat jou weerstaan en dit maak nie saak hoe baie jy skop, spartel en pleit by Hom nie, dit verander net mooi niks aan jou omstandighede nie?


Soms laat die Here toe dat dinge vir ons 'n bietjie onaangenaam raak juis sodat ons kan groei.

Ordentlike vrug kom nie uit 'n boom of wingerdstok sonder 'n bietjie snoei werk nie. So nou en dan raak dinge vir ons gelowiges ook maar 'n bietjie onaangenaam.

Glo dit of nie maar partykeer laat die Here toe dat ons harte gebreek word. Beslis nie omdat Hy Hom daarin verlekker nie, maar sodat ons sterker en (hopelik) wyser kan word uit ons ervaring.

Onlangs moes ek my kinders neem vir swemlesse. My seun het vinnig geleer en ook minder gekla oor dié swem tannie wat so kwaai was. My dogtertjie aan die ander kant was weer 'n heel ander storie. Sy het die swemlesse as iets heel anders ervaar. Vir haar was dit onaangenaam (amper traumaties) om die minste te sê.

Terwyl ek daar langs die swembad sit en kyk hoe my dogtertjie huil en spartel het sy herhaaldelik na my toe gekyk en uitgeroep na my dat ek haar moet kom haal en dat ek haar uit haar omstandighede moes kom verlos. Ek het nie. Ek móés haar daar los sodat sy kon leer om te swem anders kan sy dalk verdrink by ons of 'n maatjie se huis.

Ek kon nie help om op te let dat dit presies dieselfde met ons is nie. Party van ons, soos my seun, kla min en leer vinnig. Net vier lesse later en hy kan swem. My dogter nie. Sy baklei so hard teen die swemlesse dat ek nie 'n ander keuse het as om haar herhaaldelik terug te neem totdat sy geleer het om te swem en kop bo water te hou nie.

Wanneer sy huilend en angstig na my kyk terwyl ek langs die swembad sit ervaar sy sekerlik 'n gevoel van hopeloosheid en verstaan sy nie hoekom haar Pappa (wat so lief is vir haar) haar dan nie kom uit haal nie. Dit breek my hart, maar vir my kind se eie beswil moet ek 'n keuse doen om haar daar te los.

Ervaar jy dit so, voel dit vir jou asof die Here self besig is (om toe te laat) dat jou hart gebreek word oor iets? Moenie bekommerd wees nie, Hy is nie weg nie. Net soos ek sit Hy ook daar langs die “swembad” van jou situasie. Hou eerder op met kla en spartel en leer liewer vinnig sodat dit nie vir die Here sal nodig wees om jou terug te stuur vir nog lesse nie.

Onthou wat staan in Johannes 10 vanaf vers 11, “Ek is vir Christene wat 'n herder vir sy skape is. Wat Ek bedoel, is dit: die herder is bereid om alles te gee ter wille van sy skape, ook sy lewe. Hy sal liewers self doodgaan as dat hy sal toelaat dat sy skape iets oorkom. Iemand wat gehuur word om die skape op te pas, tree nie soos 'n herder op nie. Die skape behoort mos nie aan hom nie. Daarom gee hy nie regtig om vir die skape nie. As 'n leeu byvoorbeeld op die skape afstorm, sal die gehuurde man net maak dat hy so vinnig moontlik wegkom. Hy sal nie eens probeer om die skape te help nie. Die leeu sal al die tyd in die wêreld hê om onder die skape te baljaar. Wat met die skape gebeur, maak nie eintlik vir die gehuurde man saak nie.”

God het nie van jou vergeet nie. Hy is die goeie herder nie die slegte herder nie en Hy is bereid om Sy lewe vir jou af te lê. Hy wil net hê dat jy moet leer hoe om te swem.

Kom ons bid. Vader, dankie dat U my nooit alleen los nie. Dankie, dat U oor my die waghou en dat ek kan weet dat U nie sal toelaat dat ek verdrink nie. Help my Here om vinnig te leer en op te ou spartel sodat ek U altyd in enige situasie sal kan vertrou. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.


Friday 3 October 2014

Van uitstel kom afstel - deur Anton Brink

In Spreuke 20: 4 staan daar geskryf, “Lui mense gaan ook in die môre werk toe. Daar doen hulle net mooi niks, maar aan die einde van die maand wil hulle geld hê.”

Ons ken almal daardie ou Engelse gesegde, “If you want something done then ask a busy person.”

Mens kan nie anders as om respek te hê vir iemand wat graag hard werk nie. Sulke mense is doelgerig en hulle kry ook soos die gesegde sê gewoonlik dinge goed en klaar gedoen. Aan die ander kant weer, mense wat nooit gewillig is nie en die hele dag net wil sit dra by tot erge frustrasie vir dié wat met hulle moet saamleef of met hulle moet saam werk. So 'n mens moenie dink dat hy dieselfde loon by sy werkgewer of in die lewe oor die algemeen sal ontvang as die een wat sy of haar deel graag doen nie.

Van uitstel kom afstel.

Ek hoor nou nog wanneer ek terugdink aan my kinderjare my Ma se woorde, “My kind, van uitstel kom afstel.” Dit is so vreeslik eenvoudig maar tog ook terselfdertyd so vreeslik waar. As ek darem net dink aan al die dinge wat ek al in my lewe eintlik al moes gedoen het net om later dan heeltemal daarvan te vergeet omdat ek dit bly uitstel het.

Ek en jy moet as gelowiges 'n goeie werk etiek hê. Dit pas nie by 'n toegewyde Christen om 'n lui en slap houding te hê nie. Kyk wat staan in Kolossense 3 vanaf vers 22 tot 23, dit sê die volgende: “Nou kom ek by julle wat vir base werk. Doen wat julle aardse base van julle vra. Moenie skynheilig wees en net werk as hulle vir julle kyk nie. Wees eerlik en werk hard omdat die Here altyd vir julle kyk. Julle wil tog die Here tevrede stel en nie mense nie. Laat mense dit ook sien aan die oorgawe waarmee julle julle werk doen.”

Doen jou werk goed en reg en as jy 'n werk doen waar jou werkgewer of kollegas jou dalk nie genoegsaam waardeer of selfs raaksien nie, doen dan daardie werk asof dit God self is wat jou werkgewer is en asof dit Hy is wat jou salaris betaal en stel Hom dan tevrede met jou goeie werk.

Sterkte!

Kom ons bid. Vader help my om asb. om alles in my lewe altyd net tot U eer te doen selfs al word ek nie raakgesien of waardeer deur mense nie. Herinner my Here dat ek elke dag my werk moet doen asof dit net vir U is en vir niemand anders nie en dat U my sal beloon en bevorder op die regte tyd. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.


Thursday 2 October 2014

Dink weer - deur Anton Brink

Ek besef dat party mense dink sekerlik hopeloos te veel van hulle self maar die feit van die saak is dat 'n baie groter persentasie van mense dink weer hopeloos te min van hulle self!



As ons almal dit tog maar net kon regkry om 'n goeie, gesonde en gebalanseerde dink van ons self te kon hê dan sou daar veel minder probleme in hierdie wêreld gewees het en ek vermoed dat die arme sielkundiges en psigiaters sou dalk seker amper sonder werk gesit het omdat almal okei is.

Ek wil jou graag vandag 'n paar voorbeelde uit die Bybel gee van karakters wat volgens ons menslike standaarde ook eintlik nie goed genoeg is nie:

1. Noag was dronk
2. Abraham en sy vrou was te oud
3. Isak was amper vermoor en geoffer deur sy eie Pa
4. Jakob was 'n leuenaar
5. Leah was nie baie mooi nie
6. Josef is deur sy eie broers mishandel
7. Moses het gehakkel
8. Gideon was bang
9. Simson se hare was lank
10. Jeremiah en Timoteus was albei te jonk
11. Dawid het 'n buit egtelike verhouding gehad én hy was 'n moordenaar
12. Elia wou liewer dood gaan
13. Jesaja was sonder klere
14. Jona het van God af weggehardloop
15. Naomi was 'n weduwee
16. Job was bankrot
17. Petrus het gesê dat hy Jesus nie ken nie
18. Die dissipels het aan die slaap geraak toe hulle eintlik moes bid
19. Martha was oor alles bekommerd
20. Die Samaritaanse vrou was al van meer as een man geskei
21. Saggeüs was te kort
22. Paulus het eers Christene vervolg en laat stenig
23. En Lazarus... wel, hy was dood

Elkeen van hierdie mense het swakhede gehad net soos ek en jy. Onthou wat staan geskryf in 2 Korintiërs 12: 9: “Toe sê die Here uiteindelik vir my, “My goedheid is vir jou genoeg. Dit is al wat jy nodig het. My groot krag word sigbaar in jou lewe wanneer jy swak en hulpeloos is.”

Ons kan elkeen allerlei verskoning gebruik om te probeer bewys en om ander mense en God te oortuig waarom ons nie iets in die lewe kan regkry of vir God iets kan beteken nie. Die Here kom egter en Hy gebruik daardie einste tekortkominge van jou om dan daarmee Sy eie naam te verheerlik en ander mense van Sy goedheid en genade te vertel.

Watter verskonings gee ek en jy daagliks wat ons miskien al vir jare lank gebruik om nie ons volle Godgegewe potensiaal uit te leef nie? Miskien was of is jy ook bankrot, dalk was of word jy mishandel, miskien is jy baie siek of dalk het jy geen heenkome nie. God kan en sal selfs jou grootste vernedering of tekortkoming gebruik tot jou eie voordeel en tot Sy eie verheerliking as jy Hom net toelaat om so te doen.

Kom ons bid. Vader, U noem my kind en erfgenaam. U woord sê dat ek is duur gekoop en kosbaar vir U en dat U my vergewe en met oop arms ontvang. U beskryf my as die kroon van U skepping. Tog Vader voel ek die meeste van die tyd nie so nie. Maak asb. my geestelike oë oop om te verstaan en te aanvaar hoe U oor my dink en voel sodat ek ook my volle Godgegewe potensiaal kan besef en uitleef tot U verheerliking. Help my om oor my self te dink en voel soos wat U oor my dink en voel. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.




Wednesday 1 October 2014

Saam met vryheid kom verantwoordelikheid - deur Anton Brink

Ons lewe in 'n tyd waar mense meer voorregte, regte en vryhede het as ooit vantevore en ek hoor ook omtrent elke dag advertensies waar mense aangemoedig word om op daardie voorregte, regte en vryhede aan te dring máár daardie selfde advertensies sê ook dat elkeen van ons moet onthou dat daarmee saam kom ook baie groot verantwoordelikheid.



Die wêreld se persepsie van vryheid verskil nou wel baie van myne en joune as gelowiges maar ons het ook 'n baie groot verantwoordelikheid as dit by daardie vryhede en voorregte in Christus kom.

Eintlik, as jy mooi daaroor dink het ons veel meer voorregte en vryhede om voor dankbaar te wees as die ongeredde mense van hierdie wêreld en boonop is die vryhede en menseregte wat hierdie wêreld dalk kan bied niks in vergelyking met dit wat ons in Christus het nie. Hy noem ons Sy kinders, Sy erfgename die ongeredde mense van hierdie wêreld het dit nie en hulle sal dit ook nooit hê tensy hulle die Here Jesus nie as verlosser aanvaar nie.

Dink 'n bietjie aan wat staan geskryf in Romeine 8 vanaf vers 31 – 35: “Wat is ons gevolgtrekking oor alles wat ons tot nou toe gesê het? Dít: God is aan ons kant. Wie sou dit dan nog waag om teen ons te wees? God gee so baie vir ons om dat Hy nie eens Sy eie Seun se lewe gespaar het nie. God het Hom in ons plek laat doodgaan. As Hy bereid was om so vêr vir ons te gaan, sal Hy mos enigiets vir ons doen. Wie kan dit nou nog waag om 'n aanklag teen ons in te bring? Niemand nie! Ons is immers deur God self as sy kinders uitgekies. Boonop het Hy ons van al ons sondes vrygespreek. Wie kan dit nou nog waag om ons te veroordeel? Christus Jesus is mos aan ons kant. Hy is in ons plek dood. God het Hom ook weer lewendig gemaak. Christus het nou die heel belangrikste posisie in die hemel. Daarom kan Hy nou ons saak by God suksesvol verdedig. Wat kan ons nou nog skei van Christus se liefde vir ons? Swaarkry, probleme, vervolging, hongerpyne, 'n tekort aan klere, gevare, of dalk geweld? Nie een van hierdie dinge nie! Nie eens die grootste probleme waarvan daar in die Bybel gepraat word, kan ons ooit van Christus skei nie.”

Onthou wat Christus vir my en jou aan die Kruis kom doen het, Hy het ons vrygekoop en vergewe sodat ons in alle ewigheid nooit verlore sal gaan nie. Die Here Jesus het namens my en jou aan die Kruishout gehang, dit was éintlik veronderstel om ek en jy te gewees het op wie daardie straf moes val maar dit het nie omdat Hy ons plek daar ingeneem het en die prys betaal het namens ons juis sodat ons nie hoef nie.

Ek glo nie ons (gelowiges) besef, waardeer en verstaan altyd so lekker die vryheid en voorregte wat ons in en a.g.v. Christus het nie maar meer nog, ek glo ook nie dat ons begryp altyd so lekker watter verantwoordelikheid daarmee saamkom nie.

Ons kan nie maar net doen wat ons wil nie.

God verklaar in Sy woord en deur die Kruis van Jesus Christus dat ons wel vry en vergewe is. Sy genade ís verniet maar dit is beslis nie goedkoop nie. Ongelukkig is dit presies wat al hoe meer gebeur, mense gaan baie ligtelik met die Evangelie om amper asof die keuse om die Here Jesus as verlosser te aanvaar maar net een of ander formaliteit is sodat ons kan hemel toe gaan en dan daarna kan ons maar aan karring en maak soos ons wil.

Dit is nié hoe dit veronderstel is om te wees nie.

God se genade ís daar vir ons in oorvloed, jy hoef nooit daarin te twyfel nie en dit is ook verseker daar om te gebruik elke liewe keer wanneer ons struikel, máár dit is nié daar om te misbruik nie, Sy genade en die feit dat Hy ons graag vergewe is onder geen omstandighede vir jou en my 'n vrypas om te sondig nie. Saam met ons vryheid kom verantwoordelikheid, die verantwoordelikheid om ten minste te probeer om die regte ding te doen al kry ons dit nie altyd reg nie.

Kom ons bid. Vader ek is oneindig dankbaar vir die Kruis van Jesus Christus en vir die feit dat ek waarlik vergifnis en vryspraak daar ontvang. Herinner my egter daagliks Vader om vrylik van U genade te skep maar dat ek dit nooit maar nooit sal misbruik nie. Ek weet dat U genade is verniet maar ook dat dit is nie goedkoop nie, help my om dit as iets kosbaar te koester. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.