God se genade tyd is nog nie verby nie en jy
het vandag steeds die geleentheid om ’n keuse uit te oefen en jou saak
met jou skepper reg te maak deur die Here Jesus Christus as jou
persoonlike verlosser en Saligmaker te aanvaar.
Doen dit nou.
Dit gaan nie vir altyd die geval wees nie. Een of ander tyd gaan
daardie genade tyd waarvan ek gepraat het ongelukkig wél tot ’n einde
kom en ás jy dan sonder Jesus as jou verlosser voor God se regter troon
moet gaan staan sal jy ongelukkig van Sy aangesig af weggeneem word en
sal jy nie die voorreg hê om die ewigheid saam met Hom te spandeer nie.
Doen dit nou. Maak jou besluit voor dit te laat is.
As jy wel
besluit om dit te doen, lees dan asb. die onderstaande gebed hardop
saam en aanvaar Christus Jesus as jou verlosser en Saligmaker. Wanneer
jy klaar is maak dan asb. kontak met ons gebed vriende by Tygerberg
104fm en sê vir hulle wat jy besluit het om te doen sodat hulle jou
verder kan help en raad gee.
Die nommer is 0861 104 104.
Kom ons bid. Hemelse Vader, vandag weet ek dat ek, soos alle mense wat
gebore word op hierdie aarde, oppad is hel toe. Al lewe ek hoe goed,
tensy ek by ’n punt kom waar ek besef dat ek ’n Verlosser nodig het, kan
ek nooit uit my eie goeie dade of lewe die Ewigheid in U
teenwoordigheid deurbring nie.
Dankie dat U Jesus, vir my
sondes gesterf het, begrawe is en op die derde dag weer opgestaan het en
opgevaar het na die hemel waar U aan die regterhand van God sit en my
Voorspraak is. Ek bely vandag dat U die Seun van God is en dat U my
verlossing duur gekoop het.
Dankie Heilige Gees dat U daagliks
my metgesel is en dat U my leer en lei in die waarheid. Vandag aanvaar
ek Jesus Christus as my Verlosser en Saligmaker en weet ek dat ek in U
alles het wat ek nodig het om die Ewige Lewe te kry, volgens Joh. 17: 3
Ek dank U dat ek nou in ’n lewende verhouding met U kan wees en dat ek
in U ’n Vriend en daaglikse Trooster en metgesel het. Amen
No comments:
Post a Comment