Hoekom sien ons nie daagliks hoe God met krag in ons lewens en in hierdie wêreld beweeg nie, wat is die rede daarvoor?
Veral in 'n tyd soos waarin ons nou leef. Is dit dan nie juis nou nodig om te sien hoedat God radikaal in mense se lewens en situasies ingryp nie?
Tog lyk dit nie asof dit gebeur nie.
Dit wil eerder voorkom asof die mensdom en selfs ook die Christene al
hoe dieper in sak en as verval met min of geen hoop vir die toekoms nie.
Ons kan lank hieroor praat en nog steeds nie al die antwoorde hê nie maar miskien kan ons darem ten minste probeer.
Ek vermoed dat 'n groot rede waarom ons God nie in krag sien beweeg nie
is omdat ons so maklik twyfel, ons sit as’t ware nie ons “voet op die
water nie”.
Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag. Hou op dink dat wonderwerke van jou afhang.
God is die enigste een wat besit het oor die mag om iets bonatuurlik vir Sy kinders te kom doen, nie jy nie.
Wees net beskikbaar en gehoorsaam wanneer jy ervaar dat die Here jou
wil gebruik en hou op twyfel aan Sy vermoë om iets groot te doen.
Ek verwys baie keer in my eie lewe na die skrif gedeelte waar die Here
ons nooi en sê “Wanneer julle wysheid kortkom vra dit van my en Ek sal
dit vir julle gee”.
Hierin ervaar ek daagliks God se
wonderwerkende krag vir my. Daar is al honderde situasies gewees waar
ek net vir 'n oomblik in my binneste stil geraak het en gevra het dat
die Here vir my wysheid sal gee net om dan oomblikke later bonatuurlik
te ervaar hoe die Here my lei om probleme op te los of om dalk die regte
woorde op 'n gegewe tyd te spreek ens. ens.
Ek nooi jou dus
vandag uit om vir God te vra om ook vir jou Sy wysheid te gee (veral in
situasies waar jy regtig nie weet wat om te doen nie) en dan te sien net
hoe getrou die Here is wanneer Hy deur jou in daardie situasies begin
werk.
Kom ons bid. Vader ek kom elke dag wysheid kort. Gee asb.
vir my U wysheid sodat ek die situasies in my lewe kan hanteer en U
wonderwerkende krag kan sien. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus.
Amen.
No comments:
Post a Comment