Jou grootste terugslag, teleurstelling en verlies het die baie werklike
potensiaal om ook te verander in jou grootste verhaal van oorwinning.
Ek het lank gelede met 'n gesin kennis gemaak met wie presies dit,
verlies en teleurstelling, gebeur het en wie ook later só 'n oorwinning
behaal het. Hulle kan nou nog getuig van God se getrouheid midde-in
hulle storm.
Terug in tyd.
Kom ek neem jou eers terug
in tyd, een en twintig jaar terug om die waarheid te sê na 'n tyd toe
dit met hierdie gesin goed gegaan het. Dit was 1993 en dit was vir
hulle 'n jaar soos enige ander. Die Pa, Ma en twee kinders het 'n
normale goeie Christen lewe gelei, hulle was betrokke by die kerk en het
graag (en met oorgawe) gehelp en bygedra om die kerk en sy sendelinge
te ondersteun. Sendelinge het ook gereeld by hulle aan huis gekom en
oorgebly wanneer hulle in die Kaap was vir konferensies ens.
Die Pa was 'n bouer, 'n goeie een, en het sy lewe lank met sy eie twee
hande hard gewerk om te kom waar hy is. Dit het goed gegaan en hy kon
vir sy gesin 'n reusagtige groot huis teen die heuwel bou met 'n uitsig
oor die hele stad, berg en hawe. Hierdie huis was indrukwekkend om die
minste te sê en hulle as gesin kon met reg trots wees daarop. Mense het
(en staan steeds) in verwondering na hierdie paleis en kyk wanneer
hulle daar kom.
Toe gebeur die ondenkbare.
Op 'n dag
kry dié Pa, kom ons noem hom sommer Petrus, 'n groot kontrak om vir 'n
baie welgestelde Sweedse burger bouwerk te doen. Dié Sweedse man en sy
vrou het gehou van die klimaat in Suid-Afrika en wou 'n groot en mooi
huis hê waarin hulle vir 'n paar maande elke jaar kon kom bly as hulle
wou.
So gesê, so gedaan en kort voor lank, na baie harde werk
en 'n klomp geld is die huis toe klaar en wou Petrus sy rekening van
dié Sweedse man en sy vrou vorder vir die werk wat hy gedoen het.
Geen betaling.
Niemand het dit sien kom nie. Die Sweedse man en sy vrou was skelms en
was van die begin af nie van plan om vir Petrus al sy geld te gee nie.
Hulle het hom ingeloop sonder om één aand se slaap daaroor te verloor.
Petrus het alles gedoen wat hy kon maar na baie praat, dreig en
prokureurs onkostes moes hy moed opgee of hy wou of nie en hy was op die
einde sy geld kwyt.
Die maer jare.
Die gevolg van
hierdie verlies was groot. Petrus en sy vrou het nie geweet wat om te
doen nie en moes stelselmatig so stuk vir stuk van hulle besittings
begin verkoop om darem net te probeer om hulle uitgawes te dek. Vir 'n
tyd lank was hulle regtig met hulle hande in hulle hare.
Toe gebeur dit.
Eendag maak Petrus se vrou 'n voorstel. Sy sê vir hom dat hulle tog
nie regtig so 'n vreeslik groot huis nodig het nie en dat hulle net
sowel 'n gedeelte daarvan kon gebruik om vir hulle 'n inkomste te
genereer. In 'n japtrap verander hulle toe 'n deel van dié paleis en
begin hulle dit toe soos 'n gastehuis verhuur.
Een en twintig jaar later.
Vandag, 21 jaar later sal jy verstom staan as jy sien waar hulle nou
is. God het daardie nare situasie omgedraai. A.g.v. die besluit om 'n
tipe van 'n gastehuis aan die een kant van hulle huis te begin het hulle
nou vandag (na al hierdie jare) altesaam ongeveer vyftien mense wat
permanent vir hulle werk en Petrus se vrou se besigheid staan nou as
Smithland Gaste Woonstelle bekend. Die suksesvolle besigheid wat hulle
vandag besit is m.a.w uit hulle storm gebore.
Hulle kyk nie een dag terug nie.
God het gekom en hulle grootste verlies en teleurstelling in hulle
grootste oorwinning verander. Hy kan en sal dieselfde vir jou ook doen.
Toe dit sleg gaan en die teenspoed hierdie gesin tref was hulle nie
vir God kwaad daaroor nie, inteendeel, hulle het nader aan Hom beweeg as
ooit tevore en Hy het hulle gered.
In Psalm 91: 14 – 15
(Boodskap vertaling) staan daar geskryf: “Die Here se self: “Iemand
wat My lief het, sal Ek uit enige gevaar bevry. Ek sal hom beskerm
omdat hy My vertrou. Wanneer hy My om hulp vra, sal Ek hom help, Ek sal
hom in enige krisis bystaan. In Sy nood sal Ek hom help. So sal Ek
eer aan hom bewys.
Kyk ook wat staan in Psalm 50: 23 waar daar
geskryf staan: “Weet julle watter geskenk maak my hart bly? As julle
vir My dankie se deur julle optrede. Die mense wat so leef, sal Ek
altyd help.”
Vra die Here om ook jou verlies en teleurstelling
in 'n oorwinning te verander. Onthou, dit is ná die reën en stormweer
dat jy 'n reënboog sien, nie voor die tyd nie.
Sterkte!
Kom ons bid. Here ek is angstig. U weet wat met my gebeur het en ek
is bang. Vat my asb. deur hierdie storm en bring my veilig anderkant
uit sodat ek ook kan getuig van U goedheid en hoe U my deur gedrag en
gered het op die regte tyd. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus.
Amen.
Wednesday, 19 November 2014
Tuesday, 18 November 2014
Jy met jou bolwange - deur Anton Brink
Kyk, het ek darem nou die dag lekker gelag.
Ek sit so en gesels met 'n goeie vriendin van my en my vrou en ons begin toe te praat oor iets in haar lewe wat onlangs net heeltemal skeef geloop het. Dit was gelukkig nie iets vreeslik ernstig nie maar dit was nog altyd genoeg vir haar om sommer lekker oor vies te wees en om met sulke bol wangetjies en hande op die heupe by die Here daaroor te kla.
Ek kan om die waarheid te sê nie eens onthou wat dit was waaroor sy so omgekrap was nie maar die beginsel daaragter steek nog altyd in my kop vas.
In elk geval, sy het my vertel dat net níks wou uitwerk soos wat sy dit beplan het nie en op die ou einde was alles sommer net 'n groot flop. Ek moet erken dat aanvanklik hét ek nogal simpatie met haar gehad maar hoe meer ek na haar geluister het hoe meer het ek agtergekom dat dié suster se probleme het ontstaan a.g.v. haar eie simpel besluite wat sý gemaak het en nou wil sy vir die Here kwaad wees daaroor?!
Eers toe ek haar grappende wys op hierdie paar feite wys wat sy so gerieflikheidshalwe van vergeet het, het ek én sy albei kliphard begin skater van die lag omdat sy moes toe maar so skaam skaam erken dat die gemors hét sy ontstaan gehad omdat sy nie gedoen het wat sy moes nie.
Ek kon toe nie anders as om haar te vertel van 'n ander persoon wat lank terug ook vir my 'n soortgelyke storie vertel het nie. Dit was toevallig ook 'n vrou gewees en die situasie was nou nie presies dieselfde nie maar dieselfde beginsel het daar ook gegeld.
Dié vrou, kom ons noem haar sommer Venescke, het eendag vroegaand seker so sewe of agt jaar gelede in Durban weg opgery op pad na 'n baie belangrike afspraak. Net duskant Tygervallei rigting Durbanville gebeur dit toe, haar motor gaan staan nét daar anderkant die verkeerslig sonder brandstof en haar eerste reaksie is om met 'n gebalde vuisie op die stuurwiel te slaan en te sê: “Nee, Here nie nóú nie, hoe kan U dit toelaat om te gebeur...”
Moenie vir God die skuld gee nie.
Wie is die een wat veronderstel was om te sorg dat daar brandstof in daai voertuig is, sy of God? Ons kan nie die blaam vir God gee wanneer ons self simpel keuses en besluite maak nie.
In Deuteronomium 30: 19 staan daar geskryf: “Vandag gee ek vir julle die keuse: kies tussen lewe en dood. Kies of julle wil hê dat dit voorspoedig met julle moet gaan en of julle wil hê teëspoed moet al agter julle aantrek. God In die hemel en al die mense op aarde sien wat julle vandag kies. Ag, mag julle tog maar die lewe kies! Dan wag daar 'n wonderlike toekoms vir julle en vir julle kinders en vir julle kleinkinders.”
Ons kan in baie gevalle self besluit of teenspoed of gaan tref of nie bloot net deur die regte besluite te neem en te doen wat ons weet ons moet. Kies jy ook vandag die lewe soos wat ons in Deuteronomium lees en maak so seker dat jy uit teenspoed se pad bly.
Kom ons bid. Vader God ek kies vandag die lewe. Ek kies om te doen wat ek weet reg is al voel dit nie vir my lekker nie. Ek weet dat U my regte besluite sal eer en dat U my daarvoor sal seën. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.

Monday, 17 November 2014
Kry die regte adres - deur Anton Brink
Dis nou net so klein bietjie meer as twee weke sedert my Pa oorlede is en dit voel steeds vir my baie onwerklik.

Ek staan nou nog partykeer onbewustelik en wonder waarmee hy en my Ma dalk alles besig is daar op hulle tuisdorp en dan val dit my skielik by dat hy weg is, dan voel dit weer van vooraf vir my so onwerklik, maar die lewe gaan seker maar aan of ons nou wil of nie.
Elkeen van ons is eintlik besig om dood te gaan. Mensdom, maar dís darem nou vir jou 'n negatiewe en morbiede stelling so vroeg op 'n nugter maag of hoe? Ja, dit is nie so vreeslik lekker om daaraan te dink nie maar elkeen van ons ís besig om dood te gaan. Dit is die klipharde, eerlike en rou waarheid en nie een van ons gaan dit ontsnap nie.
Elke liewe mens op hierdie aarde, al word hy ook nóú op hierdie oomblik gebore, sal in alle waarskynlik oor 100 jaar van vandag af nie meer hier wees nie. Een van twee dinge gaan gebeur. Hy gaan of te sterwe kom óf die Here Jesus sal terugkeer met Sy wederkoms.
In beide gevalle beter jy seker wees dat jy jou besluit reeds betyds gemaak het en dat jy aan die regte kant van die spreekwoordelike draad staan voordat dit te laat is.
Ek draai nie doekies om nie.
Toe die predikant by my Pa se roudiens vir my gevra het om vorentoe te kom en die bedankings te doen het ek besluit om meer as net dit te doen. Nadat ek vir elkeen erkenning gegee het vir die rol wat hulle in ons as huisgesin se lewens en spesifiek my Pa se lewe gespeel het, het ek begin praat oor die realiteit van die dood en wat daarna op ons wag. Ek het nie doekies omgedraai nie.
Ek het voor al daardie mense gaan staan en hulle aangemoedig om hulle tot God te bekeer voor die tyd vir hulle ook aanbreek soos dit vir my Pa het. Meeste van die mense daar ken my al van kindsbeen af en het hulle my letterlik voor hulle sien grootword en dit was effens intimiderend.
As jy regtig omgee.
Terwyl ek na hulle staan en kyk en ek praat oor die Evangelie van Jesus Christus, die Kruis en die ewige lewe in God se teenwoordigheid het ek besef dat om vir iemand lief te wees en om vir mense om te gee beteken dat jy bereid sal wees om soms met hulle 'n ongemaklike of selfs die harde waarheid te deel.
Ek is nie seker nie.
Ek kon nie anders as om die waarheid met hulle te deel en te sê dat al ís dit my eie Pa en hulle geliefde vriend wat daar buite in die lykswa dood in 'n kis lê kan ek nie met sekerheid sê dat hy hemel toe is nie en dat ek net kan hoop dat hy sy saak met die Here reggemaak het toe ek 'n tyd gelede so ernstig met hom daaroor gepraat het nie.
Daar is net een pad.
In Johannes 14: 6 (Boodskap vertaling) staan daar geskryf: “Jesus sê toe: “Laat Ek dit so stel: Ek is die ‘pad’ en my Vader die ‘adres’. Wie hierdie pad loop, kom by die ware lewe uit. As iemand 'n ander pad loop, sal hy nooit by my Vader uitkom nie.”
In die ’83 vertaling sê dit: “Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.”
In die Amplified staan dit só daar geskryf: “Jesus said to him, I am the Way and the Truth and the Life; no one comes to the Father except by (through) Me.”
Ek hoop dat jy die erns van vandag se boodskap raaksien en waardeer en dat jy nou 'n besluit sal maak oor die Here Jesus en die Kruisdood. As jy vandag die Here Jesus as verlosser wil aanvaar lees dan asb. die onderstaande gebed hardop saam en gee jou hart en lewe vir Hom.
As jy dit klaar gedoen het tel dan dadelik die telefoon op en bel ons gebed vriende by Tygerberg 104fm en vertel hulle van jou besluit en laat toe dat hulle vir jou verder help. Die telefoonnommer is 0861 104 104.
Sterkte!
Kom ons bid. Hemelse Vader, vandag weet ek dat ek, soos alle mense wat gebore word op hierdie aarde, oppad is hel toe. Al lewe ek hoe goed, tensy ek by ’n punt kom waar ek besef dat ek ’n Verlosser nodig het, kan ek nooit uit my eie goeie dade of lewe die Ewigheid in U teenwoordigheid deurbring nie.
Dankie dat U Jesus, vir my sondes gesterf het, begrawe is en op die derde dag weer opgestaan het en opgevaar het na die hemel waar U aan die regterhand van God sit en my Voorspraak is. Ek bely vandag dat U die Seun van God is en dat U my verlossing duur gekoop het.
Dankie Heilige Gees dat U daagliks my metgesel is en dat U my leer en lei in die waarheid. Vandag aanvaar ek Jesus Christus as my Verlosser en Saligmaker en weet ek dat ek in U alles het wat ek nodig het om die Ewige Lewe te kry, volgens Joh. 17: 3
Ek dank U dat ek nou in ’n lewende verhouding met U kan wees en dat ek in U ’n Vriend en daaglikse Trooster en metgesel het. Amen

Friday, 14 November 2014
Wanneer God jou oornooi vir ete - deur Anton Brink
Het jy al foto’s gesien van kindertjies wat ondervoed is?
As jy al ooit beeldmateriaal oor die tweede wêreldoorlog gesien het van volwassenes en kinders in konsentrasiekampe of dalk meer onlangse nuusberigte oor hongersnood iewers in die wêreld dan sal jy presies weet waarvan ek praat.
Dit is glad nie mooi om te sien nie.
Daardie kinders se koppe en oë lyk so groot en hulle lyfies is lank, maer en totaal uitgeteer met sulke vet pensies. Hulle kry nie ordentlike voedingstowwe nie en kan dus nie ordentlik groei en ontwikkel om uiteindelik gesonde volwassenes te word nie.
Daar is té veel gelowiges wat geestelik ook so lyk.
God se woord leer vir ons dat ons gees gevoed moet word sodat ons geestelik sterk en volwasse kan word.
Ongelukkig is daar 'n groot hoeveelheid gelowiges wat hulle net glad nie veel steur aan hierdie geestelike eet program nie. Ons kou hier 'n bietjie en kou daar 'n bietjie, stop so nou en dan by 'n geestelike “drive thru” restaurant om darem net gou weer ietsie in te kry maar op die ou einde is daardie “happies” nie regtig genoeg om vir ons volhoubare geestelike groei en stamina te verseker nie.
Om wasdom in jou gees te bereik verg 'n ordentlike toepassing van 'n porsie dissipline in jou lewe waar jy gereeld tyd by die Here spandeer sodat Hy jou van binne af kan voed, leer en lei.
Iemand het eenkeer gesê “a disciple without discipline becomes a disgrace” of in Afrikaans “'n dissipel sonder dissipline word 'n verleentheid”. Maak seker dat jy vir jou self die (gewoonte) aanleer om op 'n gedissiplineerde wyse tyd in te ruim om saam met God aan tafel te gaan sit.
In Romeine 12: 2 (Boodskap vertaling) staan daar geskryf: “Moenie tuis raak in hierdie wêreld met al sy boosheid nie. Nee, laat God julle van binne af nuut maak. Laat Hy julle manier van dink verander sodat julle kan weet wat Hy van julle verwag. Dan sal julle ook weet wat Sy wil is en hoe julle julle lewe elke dag aan Hom moet oorgee.”
Dit wat daar in Romeine 12: 2 geskryf staan kan net gebeur wanneer jy aan die Here behoort en met Hom tyd bestee.
Paulus verwys na ons lewe hier op aarde as 'n wedloop wat ons moet voltooi.
Hoe wil jy jou wedloop ordentlik hardloop as as jy nie goed en reg geëet het nie? As jou gees honger is, gaan jy begin uitsak.
Wanneer jy die Here se geestelike spys en drank inkry sal jy sien en ervaar hoedat jy al hoe meer begin leef, dink en praat soos wat Hy wil hê dat jy moet en jy sal ook baie makliker kan onderskei tussen reg en verkeerd.
Later sal jý selfs die een word wat die pas kan begin aangee vir ander gelowiges wat raad en ondersteuning nodig het.
Sterkte!
Kom ons bid. Here God voed my asb. elke dag met U spys en drank sodat ek kan groei en sterk word in hierdie wedloop van die lewe. Herinner my Vader om gereeld by U tyd te spandeer en ontmoet my asb. daar waar ons twee saam aan tafel gaan sit.

Thursday, 13 November 2014
Die dag toe die vis nie wou byt nie - deur Anton Brink
In Mattheus 4: 19 staan daar geskryf, “Hy sê toe vir hulle: “Kom hier!
Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.”
Ek het 'n paar maande gelede tydens die skoolvakansie vir my seun (8) belowe dat ek en hy 'n bietjie kan probeer visvang. Ek self weet eintlik maar bitter min as dit kom by hierdie stokperdjie en het ek dit ook baie jare laas enigsins probeer doen.
Maar, so gesê so gedaan en ek, hy, my vrou en ons dogtertjie (6) sit toe af see toe om te gaan “lyn natmaak”. By die hawe gekom kry ons vir ons 'n sitplekkie en met baie opgewondenheid en 'n groot verwagting gooi ons die sinker en hoek in die water.
Meer as twee ure gaan verby maar niks gebeur nie. My vrou en (veral) die kinders raak later verveeld en sy (my vrou) besluit om die kinders liefs na 'n nabygeleë speelplek te neem om hulle besig te hou.
Ek aan die ander kant weier volstrek om moed op te gee en ek bly sit. My eer is immers op die spel! Ek het dan my seun belowe ons gaan 'n vis vang en ek kan mos nou nie loop voor dit nie so is nie al het ek eintlik begin oortuig raak daarvan dat daar beslis geen vis daar was óm te vang nie.
Nie lank na my vrou en kinders weg is nie kom 'n jong man na my toe aangestap en vra of ek al iets uit die water getrek het. Met 'n verleë glimlag moes ek toe erken dat daar nog niks selfs probeer byt het nie. Hy wou toe by my weet watter soort aas ek aan die hoek gesit het.
Ek vertel hom toe dat ek het sommer 'n stukkie vals (rubber) aas op die hoek gesit omdat die visse mos nie die verskil ken tussen regte en vals aas nie en dat hulle dit sekerlik nie sal agterkom nie. Wat weet 'n vis tog in elk geval?
Hoe verkeerd was ek nie! Toe ek die lyn inkatrol om vir die jong man (sy naam is Sebastian) die rubber aas op my hoek te wys het hy amper van sy stoel afgeval soos hy lag en my die versekering gegee dat ek niks op aarde daarmee sal vang nie, al sit ek ook hoe lank daar.
Hy (Sebastian) gaan haal toe vir my die ware jakob in die vorm van modder prawn of kappers soos hulle dit noem en sit dit toe vir my op die hoek. Sekondes na ek die hoek weer terug in die water laat sak het, kon ek voel hoe die visse (wat maar nog die hele tyd daar was) aan die aas begin byt.
Ek en Sebastian het op die ou einde vir seker nóg twee ure daar bly sit en ek kon nie glo hoe baie keer ek kon voel hoe die visse aan my aas kom knaag het nie en boonop aanmekaar my aas afvreet nie. Uiteindelik na 'n lang tyd (en toe my seun terug is) het ek 'n ou klein Steenbrassie gevang wat ek toe maar van die hoek afgehaal en weer terug gegooi het.
Die Here Jesus het vir ons belowe dat Hy maak van ons “vissers van mense” maar net soos ek daardie dag by die hawe op Knysna ervaar baie van ons dat ons maar vrot “vissermanne en vroue” is.
Ons is vreeslik gretig om die evangelie met 'n ongeredde wêreld te deel maar ons “aas” is verkeerd. Ons begin mense vertel van 'n klomp reëls, van 'n klomp dinge wat hulle moet en nie moet doen nie nie eerder as om hulle te vertel net hoe baie ons en (veral) God vir hulle omgee en lief is. Daar is 'n ou sê ding, “people don’t care how much you know until they know how much you care.”
Ek glo die “aas” wat ons moet gebruik staan vir ons duidelik in in God se woord geskryf. Galasiërs 5: 22 – 23 “Die vrug van die Gees daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.” Wanneer ons hierdie dinge in ons lewens (prakties) begin toepas, en nie net praat daaroor nie, sal die wêreld en almal daarin sien dat ons vir hulle omgee.
Mense (gered of ongered) kan gou die verskil agterkom tussen 'n stuk rubber (vals) aas en die ware jakob. Wanneer jy opreg is en ware liefde uitleef sal alle mense outomaties na jou toe aangetrokke voel en sal hulle jou toelaat om jou boodskap van hoop en verlossing met hulle te deel.
Kom ons bid. Vader, dankie dat U my red en vir my lief is al maak ek nog baie baie foute. Ek vra U Here in die naam van my verlosser Jesus Christus om my te help en te transformeer in iemand wat elke dag die vrug van die Gees uitleef sodat ek ander van U kan vertel. Ek vra dit in Jesus se naam. Amen.

Wednesday, 12 November 2014
Kragonderbreking - deur Anton Brink
Vir ons om geestelik te groei en om daardie “oop kanaal” vir die Here te wees moet ons sorg dat ons verhouding met God op die regte plek is. Wanneer dit nié is nie sal jy dit baie vinnig agterkom.

Jy hoor partykeer dat gelowiges kla hulle sukkel om God se stem te hoor of dat hulle nie 'n antwoord van die Here kry oor een of ander saak nie. Ek ken die gevoel persoonlik al te goed en ek weet dat dit is baie frustrerend.
As jou verhouding met die Here vir jou belangrik is dan sál jy moeite doen om te probeer agterkom wat fout is. Wanneer jy dan by God se voete stil raak sal Hy ook getrou wees om vir jou te sê wat fout is.
Onthou, dit is jóú verantwoordelikheid om eerste by die Here te hoor, die Bybel leer vir ons om eers te nader tot God en dán sal Hy tot ons nader.
Waar lê die probleem?
Ek onthou so goed hoedat ek 'n paar jaar gelede een warm someraand in die middel van die nag amper benoud wakker geword het van die verskriklike hitte. Die sweet het my behoorlik afgetap. Ek kon nie verstaan hoekom ek so warm kry nie want ek hét tog die waaier aangeskakel voor ek gaan slaap het.
Kort voor lank besef ek toe dat die krag gedurende die nag afgegaan het en dat dit nét in ons huis af was en niemand anders nie omdat ek deur ons kamer venster die buite ligte van die bure se huis kon sien brand.
My eerste reaksie was om in die stik nag donker en val-val oor die kinders se speelgoed na die koopkrag meter toe te stap om te sien of daar nog genoeg elektrisiteit eenhede beskikbaar was en of dit nie dalk op geraak het nie. Na deeglike inspeksie kon ek aflei dat dít nie was waar die probleem lê nie.
Die skakelaars op die distribusie bord.
Ek neem toe die flits en een vir een begin ek toe die skakelaars op die elektrisiteit distribusie bord in ons kombuis van 'n kant af aanskakel om te sien watter een dit is wat die krag laat afskop.
In 'n japtrap sien ek toe dat die oomblik wanneer ek die warmwatersilinder aanskakel skiet die hoofskakelaar outomaties af. Dit móét toe daar wees waar die probleem lê. Iewers op die warmwater silinder is daar 'n kortsluiting wat die kragtoevoer na die huis onderbreek.
Eers die volgende oggend toe die son opkom en ek buite na die warm silinder (wat teen die muur by die agterdeur vas was) gaan kyk, het ek op die ou einde gesien dat daar water op die elektrisiteit kabels wat krag na dié silinder toe voer gekom het en dat water aanhoudend op hierdie kabels bly drup.
Waar is jóú kortsluiting?
Iets soortgelyk gebeur ook met my en jou in ons geestelike lewens. Ons beleef 'n “krag onderbreking” wanneer ons skielik sukkel om die Here se stem te hoor of ons ervaar dat iets net nie reg is nie. Wanneer ons dan ordentlik gaan ondersoek instel sal ons waarskynlik vinnig agterkom waar die probleem lê omdat die Heilige Gees dit vir ons sal wys.
Meeste van die tyd is hierdie “kortsluiting” wat ons beleef a.g.v. die feit dat ons iewers die Heilige Gees bedroef het. Hoe bedroef ons die Heilige Gees, deur aan hom ongehoorsaam te wees en dit is belangrik dat ons moet uitvind waar.
Ek vermoed dat ons in meeste gevalle eintlik alreeds weet maar ons probeer dit ignoreer want dit beteken dat ons moet gaan regmaak en dis nie altyd so lekker nie. Hou net ingedagte, as jy nié gaan regmaak nie sal die Heilige Gees se krag nie verder deur jou vloei.
Sorteer dit (jou oortreding) liewer vinnig uit en doen dit gouer eerder as later.
Dit is régtig die moeite werd. Onthou wat staan in 2 Timotheus 1: 7 dat God gee vir jou 'n Gees van krag, liefde en selfbeheersing. Hy wil nie kragteloosheid by jou hê nie. Dit is nie Sy wil of plan vir jou nie.
Kom ons bid. Vader ek is geestelik kragteloos omdat ek ongehoorsaam was. Ek is jammer daaroor en ek vra dat U my asb. sal vergewe. Help my om nou op hierdie oomblik reg te maak en te doen wat ek weet ek sodat ek weer daardie gees van krag, liefde en selfbeheersing in my lewe kan ervaar. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.

Tuesday, 11 November 2014
Moenie worry nie, watch net! - deur Anton Brink
God kan jou bietjie in baie verander!

As jy my nie wil glo nie gaan lees dan gerus Johannes 6: 5 – 13. Dit sê die volgende: “Toe Jesus rondkyk en sien dat 'n groot klomp mense na Hom toe aankom, sê Hy vir Filippus: “Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet?”
Dit het Hy net gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self goed geweet wat Hy gaan doen.
Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle 'n stukkie brood te laat kry nie.”
'n Ander dissipel, Andreas, die broer van Simon Petrus, sê toe vir Hom:
“Hier is 'n seuntjie met vyf garsbrode en twee vissies, maar wat is dit vir so baie mense?”
Toe sê Jesus: “Laat die mense gaan sit.” Daar was baie gras op daardie plek en die mense het gaan sit. Die mans alleen was omtrent vyf duisend.
Daarna het Jesus die brood geneem, God daarvoor gedank en dit uitgedeel aan die mense wat daar gesit het, en net so ook soveel van die vis as wat hulle wou hê. Nadat die mense versadig was, sê Hy vir sy dissipels: “Maak die stukke bymekaar wat oorgebly het sodat daar niks verlore gaan nie.”
Hulle het dit toe bymekaargemaak. Daar was twaalf mandjies vol met die stukke wat van die vyf garsbrode oorgebly het nadat die mense klaar geëet het.
Net om dit by jou tuis te bring, vers 10 sê dat nét die mans (alleen) daardie dag was omtrent 5 000, m.a.w. hulle het nie eens die vrouens en kinders getel nie. Ons kan dus aanvaar dat daar in alle waarskynlik enigiets tussen vyf en tien duisend mense altesaam daardie dag daar bymekaar was.
Die onmoontlike word moontlik.
Wanneer ek hierdie verhaal lees en ek dink oor wat alles daardie dag daar gebeur het toe Jesus die broodjies en vissies meer gemaak het dan kan ek nie help om te dink aan die feit dat dieselfde beginsel geld nogsteeds vandag nie. Al lyk 'n situasie vir jou hóé onwaarskynlik of selfs totaal onmoontlik God kan dit in jou guns laat draai en dit (wat dit ook al is) vir jou totaal moontlik maak, jy moet net gehoorsaam wees.
Bring vir God jou bietjie.
Meeste van ons is maar skuldig daaraan dat ons na ons omstandighede kyk en na net hoe min ons het om te gee en dan dink ons dat God sal dit nie kan gebruik nie, die klein seuntjie met die broodjies en die vissies het seker ook so gedink en kyk wat het daar gebeur.
Miskien is jy iemand wat al lank die Here volg, jy dien Hom, jy is lief vir Hom en jy wil graag ook iets vir Hom doen maar al waarin jy vaskyk is jou bietjie en jy dink dat dit nie genoeg is nie. Dit is (juis) in sulke tye waar God die wonderlikste dinge vir ons kom doen, wanneer ons dink dit is onmoontlik.
Onthou dat die wonderwerk hang nie van jou af nie so jy is verniet bekommerd. Gee dit wat jy het en jy sal sien hoe God dit meer maak.
Die seuntjie het die broodjies en vissies reeds by hom gehad.
Die kanse is baie goed dat jy reeds dít wat God vir jou wil of kan meer maak klaar in jou besit het. Jesus het dit wat die seuntjie in sy besit gehad het vermeerder, die seuntjie het mos klaar die broodjies en vissies by hom in sy sak gehad.
Wat het jy by jou wat jy bereid is om beskikbaar te stel vir God om te gebruik? Moontlik het die Here al lankal met jou daaroor gepraat maar jy twyfel. Kies net vandag om gehoorsaam te wees en neem 'n stap in geloof en sien wat God vir jou daarmee doen.
Sterkte!
Kom ons bid. Hemelse God en Vader ek kom vandag en ek staan voor U groot genade troon en ek bring nou my bietjie na U toe. Seën dit asb. Vader en maak dit meer sodat U ook deur my die massas sal kan kos gee. Ek vra dit in die naam van Jesus Christus. Amen.

Subscribe to:
Posts (Atom)